Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Altesaam 1 584 961 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 897 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 35 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (2), Vrystaat (6), Gauteng (7), KwaZulu-Natal (16), Mpumalanga (1), die Noord-Kaap (2) en die Wes-Kaap (1) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 54 452 te staan.

Volgens Mkhize het 1 508 558 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.

Die land het tans 21 951 aktiewe Covid-19-gevalle.

Nog 16 752 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 10 715 773 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.

Meer as 329 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 570184 382170
Vrystaat3 88682 0973 644
Gauteng10 671410 9363 032
KwaZulu-Natal10 404321 0385 344
Limpopo2 27261 424262
Mpumalanga1 39776 295674
Noordwes1 72563 1363 059
Noord-Kaap90035 7423 846
Wes-Kaap11 627273 5081 920
Totaal54 4521 508 55821 951

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Ferryman

Dit sal gaaf wees as iemand statistiek gewys vir ons kan wys of daar ‘n minder of meer gevalle is.

Baardman

Hulle sal moet hulle calculator se batterye vervang. Hyt vasgehaak op 95. Of hulle is meester manipuleerders.

MakersMark

Lyk of SA uiteindelik verstaan dat sosiale gedrag, insluitende distansiëring en dra van maskers, asook ander aanbevelings, die verspreiding van CV19 relatief goed beheer en weghol infeksietempo’s onderdruk.