Altesaam 1 584 961 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 897 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 35 sterftes is intussen aangemeld. Dié nuwe sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (2), Vrystaat (6), Gauteng (7), KwaZulu-Natal (16), Mpumalanga (1), die Noord-Kaap (2) en die Wes-Kaap (1) aangemeld.
Dit bring die land se dodetal op 54 452 te staan.
Volgens Mkhize het 1 508 558 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.
Die land het tans 21 951 aktiewe Covid-19-gevalle.
Nog 16 752 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 10 715 773 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.
Meer as 329 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen Covid-19 ingeënt.
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 570 | 184 382 | 170 |
Vrystaat | 3 886 | 82 097 | 3 644 |
Gauteng | 10 671 | 410 936 | 3 032 |
KwaZulu-Natal | 10 404 | 321 038 | 5 344 |
Limpopo | 2 272 | 61 424 | 262 |
Mpumalanga | 1 397 | 76 295 | 674 |
Noordwes | 1 725 | 63 136 | 3 059 |
Noord-Kaap | 900 | 35 742 | 3 846 |
Wes-Kaap | 11 627 | 273 508 | 1 920 |
Totaal | 54 452 | 1 508 558 | 21 951 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Dit sal gaaf wees as iemand statistiek gewys vir ons kan wys of daar ‘n minder of meer gevalle is.
Hulle sal moet hulle calculator se batterye vervang. Hyt vasgehaak op 95. Of hulle is meester manipuleerders.
Lyk of SA uiteindelik verstaan dat sosiale gedrag, insluitende distansiëring en dra van maskers, asook ander aanbevelings, die verspreiding van CV19 relatief goed beheer en weghol infeksietempo’s onderdruk.