Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle in SA

(Argieffoto: pixabay)

Altesaam 650 749 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen. Dit dui op ʼn toename van 956 nuwe gevalle in die laaste siklus van 24 uur.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 52 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in Gauteng (3), die Oos-Kaap (4), KwaZulu-Natal (2), die Wes-Kaap (7), Noordwes (15) en die Vrystaat (21) aangemeld.

Dit bring die land se dodetal op 15 499 te staan.

Daar is tans 55 961 aktiewe gevalle Covid-19 in Suid-Afrika, waarvan die meeste in Gauteng (20 188), gevolg deur die Vrystaat (13 604) en KwaZulu-Natal met 7 564.

Volgens Mkhize het 579 289 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 88,9%.

Nog 10 136 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 3 928 614 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse (57%) is in die private sektor uitgevoer.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap3 05182 842
Vrystaat83827 678
Gauteng3 921191 198
KwaZulu-Natal2 409106 540
Limpopo25813 313
Mpumalanga46624 469
Noordwes32522 214
Noord-Kaap16510 256
Wes-Kaap4 066100 779
Totaal15 499579 289

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Diva ·

Nou vra ek ….wanneer gaan ramaphosa die lockdown lig….verdomp man ????????????????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.