Covid-19-statistieke: Minder as 1 000 nuwe gevalle

(Foto: Unsplash)

Dr. Zweli Mkhize het in sy jongste bywerking van Covid-19-syfers gesê altesaam 903 nuwe gevalle van die virus is aangemeld. Tot dusver het 672 572 mense in Suid-Afrika die virus opgedoen.

Hiervan het 606 520 reeds herstel, ʼn koers van 90%.

Altesaam 81 bykomende sterftes is aangemeld. Hiervan was agt in die Oos-Kaap, 10 in die Noord-Kaap, 11 in KwaZulu-Natal, 28 in Gauteng, vyf in Limpopo, agt in Noordwes, ses in die Wes-Kaap en vyf in die Vrystaat.

Tot dusver het 16 667 mense aan die koronavirus gesterf.

Só lyk aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           1 381

Vrystaat:             13 588

Gauteng:             19 161

KwaZulu-Natal:  5 783

Limpopo:            626

Mpumalanga:    672

Noordwes:         2 413

Noord-Kaap:      2 821

Wes-Kaap:          2 940

Die meeste sterftes tot dusver was in die Wes-Kaap (4 173), gevolg deur Gauteng (4 233), die Oos-Kaap (3 121), KwaZulu-Natal (2 638) en die Vrystaat (1 021).

Meer as 12 000 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Barbara

Klomp tjol hierdie stastistieke! Ons is so klaar met die simpel virus “pandemic”, ag ekskuus ek bedoel “plandemic”.