Covid-19-statistieke: Minder as 1% toets positief

Argieffoto (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Net 205 nuwe Covid-19-gevalle is Saterdag in Suid-Afrika aangemeld. Dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van net 0,8%, die laagste wat dit nóg was sedert die uitbreking van die derde vlaag in Junie vanjaar. Limpopo het geen nuwe Covid-19-gevalle aangemeld nie.

Die totale nuwe gevalle is ook minder as die 358 nuwe gevalle wat Vrydag aangeteken is. Altesaam 13 sterftes is wel aangemeld.

Volgens die departement van gesondheid se statistieke is die meeste nuwe gevalle in KwaZulu-Natal (53) en Gauteng (40) aangemeld. Mpumalanga het net ses nuwe gevalle aangemeld. Die meeste aktiewe Covid-19 gevalle is egter steeds in die Wes-Kaap (5 822), KwaZulu-Natal (3 299) en die Vrystaat (3 012). Die meeste sterftes (20 164) is ook tot dusver in die Wes-Kaap aangemeld.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Piet ·

Ek het vanoggend ‘n koppie koffie gedrink voor ek gaan werk het.

VaalDonkie ·

Ware verhaal: vanoggend 7:57 sit ek die koffiemasjien aan vir my en my vrou. om 8:00 gaan die krag af en ek kry sommer 2 minute later die boodskap “Loadshedding stage 2 from 08:00”. Gelukkig het die koffie genoeg deurgeloop vir twee bekers.

Grens ·

Stem saam met jou, nou ry almal op die wat ge-ent is se rug. Die groot “conspiracy theorist” raak nou al hoe stiller.

Nici ·

Wonder of dit dalk enigiets te make het met die feit dat winter nader staan in Europa?????
Israel se ingeentes land maar ook op in Intensief en sterf ook. Hierdie inenting gaan niks stop nie. Covid is hier om te bly nes verkoue.

Thom ·

Die persone war wel geent was en steeds in intensief beland en/of sterf kan jy op jou een hand se vingers tel .

Pieter ·

Wie doen al hierdie daaglikse toetse? Weet van niemand wat onlangs getoets is nie. Weet van ‘n persoon wat positief getoets is in sy afwesigheid.

Thom ·

Elke persoon wat gehospitaliseer word vir elektiewe prosedures word vooraf getoets ___ geen ” conspiracy “nie , net gesonde verstand ; of sou jy verkies dat jou vrou / kind in die hospitaal aangesteek word deur ‘n persoon wat reeds siek is ?

Vlooitjie ·

Ek wonder of die mense wat die covid toetse doen ook self isoleer, want hul is dan elke dag in aanraking met positiewe gevalle of is hulle almal reeds gevax en ten volle immuun of weet die slim virus om hulle nie te teiken nie net soos wanneer mens in ‘n vol restaurant sit en hy weet om Jou daar ook ‘n blaadkans te gee??

Pietertjie ·

Die blote feit dat covid-toets onakkuraat is. Al gehoor van vals positief en vals negatiewe uitslae?

MakersMark ·

Ongelukkig dryf ongeentes hoë hospitalisasie en sterftes wêreldwyd. Inentings is ontwerp om ernstige siekte, hospitalisasie en afsterwe te verhoed. Die mense in hospitale en ICU’s wereldwyd is 99% nie ingeent nie.

Jessey ·

Is daar iewers wat ek kan gaan oplees oor die statistieke wat so ligweg rondgestrooi word? Sal graag bietjie meer info wil hoor/ lees? Was dit op FB?

MakersMark ·

Japan het 70% van bevolking ingeent verlede naweek ZERO sterftes agv CV19. Voorbeelde van hoeveelheid ongeëntes wat hospitaal toe gaan agv CV19 wel gedokumenteer in VSA en EU. Los maar FB vir die wat nie feitlike statistieke verstaan nie.

Irma ·

Mercia, dit is jammer dat ek jou nie 1000 opduimpies kan gee op jou kommentaar nie.

Pietertjie ·

Ek wonder wat gaan gebeur as die syfer minder as 0% is…

Jessey ·

Pietertjie, jy moet maar Sosiale Media dophou jong, soos ek verstaan begin die vierde Golf op 2 Desember en sal so 75 dae aangaan. AKA Facebook

Belinda ·

ja hierdie siekte ken mos datums ens… darm maar snaaks hoe die golf datums so akkuraat is.

Pietertjie ·

Die vyfde golf gaan weer saam met die winter – griep kom…

Papsak ·

Ja nee kyk ek verstaan ook nou nie meer die syfers en storie nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.