Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het 9 718 nuwe gevalle van Covid-19, wat die algehele infeksies op 2 377 823 te staan bring, het die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) Sondagaand gesê.

Die styging verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 26,6% en nog 36 569 nuwe toetse vir die koronavirus is sedert die vorige verslag gedoen.

Daar is in hierdie stadium 149 865 aktiewe gevalle van die virus.

Nog 287 bykomende sterftes is bevestig.

Al hoe minder gevalle word in Gauteng aangemeld, hoewel die gevalle in die Wes-Kaap verder toegeneem het.

Gauteng het in hierdie stadium 28% van nuwe gevalle, gevolg deur die Wes-Kaap (25%), KwaZulu-Natal (25%), Limpopo en Mpumalanga (8% elk), die Oos-Kaap en Noordwes (6% elk), die Vrystaat (3%) en die Noord-Kaap (2%) van nuwe gevalle.

Die getal nuwe gevalle was Sondag (9 718) minder as ʼn dag tevore (12 056) en ook minder as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (11 818). Dié gemiddeld het ook gedaal.

Altesame 16 539 mense word egter steeds in hospitale vir Covid-19 behandel. Hiervan is 8 760 in private hospitale en 7 779 in staatshospitale.

Net meer as 20 000 mense is Sondag teen Covid-19 ingeënt, terwyl die algehele syfer vir inentings in hierdie stadium op 6 384 382 staan.

Só lyk inentings per provinsie:

  • Oos-Kaap: 834 148
  • Vrystaat: 341 451
  • Gauteng: 1 540 871
  • KwaZulu-Natal: 1 227 650
  • Limpopo: 716 843
  • Mpumalanga: 313 284
  • Noordwes: 328 761
  • Noord-Kaap: 114 038
  • Wes-Kaap: 967 336
  • Totaal: 6 384 382

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Heinrich ·

Soos die tyd aanloop gaan die statistieke baie meer moet begin weerspieël, bv hoeveel van hierdie gevalle is mense wat dit vir ‘n tweee keer kry, hoeveel kry dit ten spyte van inenting?

Anoniem ·

In Amerika is 97% hospitaal gevalle mense wat nie ingeënt is nie

MakersMark ·

Die CV19 virus ook nie – hy bly waar hy wil…..en Koos is 100% reg. ….en gaan lees Dr’s terugvoer hoe mense wat sterf huil oor hul nie die inenting gevat het toe dit hul aangebied is nie.

Anel ·

So mense gaan ook deesdae nie meer aan ander siektes dood nie.

Johan ·

Kan nie wag tot die spul geoudit word nie. Paar mense bietjie boet vir die gemors wat hul veroorsaak het.

MakersMark ·

As iemand moet boet is dit China waar die oorsprong van die virus was. VSA sukkel nou nog om hul te oudit. Good luck.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.