Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand 9 780 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

Die algehele getal staan nou op 1 356 716, met 27% van gevalle in Gauteng, 20,9% van gevalle in KwaZulu-Natal en 19,3% van gevalle in die Wes-Kaap.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 839 bykomende sterftes is ook bevestig. In die Oos-Kaap was daar 102 nuwe sterftes, in die Vrystaat 20, 48 in Gauteng, 263 in KwaZulu-Natal, 238 in Limpopo, 11 in Mpumalanga, 25 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 130 in die Wes-Kaap.

Dit bring die sterftesyfer weens die nuwe koronavirus op 38 288 te staan.

Mkhize sê die hoë getal sterftes wat aangemeld is, is die gevolg van datarekonsiliasie wat as deel van ʼn gereelde oudit van syfers gedoen word. Dit sluit in die ontleding van data van onder meer nadoodse monsters, agterstande met die beskikbaarstelling van inligting en onbevestigde uitslae by instellings.

Die herstelkoers staan tans op 84%, nadat 1 144 857 mense reeds van die siekte herstel het.

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesaam 173 571 aktiewe gevalle van Covid-19. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal (54 028), gevolg deur Gauteng (36 941) en die Wes-Kaap (35 288).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Thea

Die Limpopo se rapportering is ‘n groot grap. Hulle rapporteer sporadies.

Piet

Gauteng moet tog net hul fantastiese strategiee en super mediese superioriteit met die ander provinsies deel siende dat hul sterftesyfer heeltemal buite verhouding laer is as die res van die land. LOL

Jakez

Wonder wanneer gaan NMBM verwyder word van die brandpunt lys?

Darkwing Duck

Glo lankal nie meer hulle statistieke nie. Is ‘n kombinasie van PCR en antiliggaam toetse en laasgenoemde postitief beteken jy het dit voorheen gehad, maar dit word bygetel by positiewe resultate as aktiewe gevalle. Mens kan ‘n krokkodil laat erken hy is ‘n erdvark met statistiek truuks.

koos10

Snaaks dat elke slag net nadat inperkings vlakke verander, die statistieke net mooi saam op of af gaan. Kan ons regering werklik elke slag in die kol wees, of (meer waarskynlik) word die statistieke mooi gehelp om die regering se besluite te regverdig. Verstaan my baie mooi asseblief, ek besef dat COVID bestaan en baie mense siek word, my wantroue is by die regering en die statistieke. Ek is 100% oortuig dat die getalle nie reg is nie, en het al vrae daaroor gevra, wat tot vandag toe nog onbeantwoord gebly het. Bv. Word die positiewe toetse of persone persone… Lees meer »