Covid-19-statistieke: Minder as 10 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het teen Dinsdagaand 9 780 nuwe gevalle van Covid-19 bevestig.

Die algehele getal staan nou op 1 356 716, met 27% van gevalle in Gauteng, 20,9% van gevalle in KwaZulu-Natal en 19,3% van gevalle in die Wes-Kaap.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê 839 bykomende sterftes is ook bevestig. In die Oos-Kaap was daar 102 nuwe sterftes, in die Vrystaat 20, 48 in Gauteng, 263 in KwaZulu-Natal, 238 in Limpopo, 11 in Mpumalanga, 25 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 130 in die Wes-Kaap.

Dit bring die sterftesyfer weens die nuwe koronavirus op 38 288 te staan.

Mkhize sê die hoë getal sterftes wat aangemeld is, is die gevolg van datarekonsiliasie wat as deel van ʼn gereelde oudit van syfers gedoen word. Dit sluit in die ontleding van data van onder meer nadoodse monsters, agterstande met die beskikbaarstelling van inligting en onbevestigde uitslae by instellings.

Die herstelkoers staan tans op 84%, nadat 1 144 857 mense reeds van die siekte herstel het.

Suid-Afrika het in hierdie stadium altesaam 173 571 aktiewe gevalle van Covid-19. Die meeste hiervan is in KwaZulu-Natal (54 028), gevolg deur Gauteng (36 941) en die Wes-Kaap (35 288).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Thea ·

Die Limpopo se rapportering is ‘n groot grap. Hulle rapporteer sporadies.

Piet ·

Gauteng moet tog net hul fantastiese strategiee en super mediese superioriteit met die ander provinsies deel siende dat hul sterftesyfer heeltemal buite verhouding laer is as die res van die land. LOL

Jakez ·

Wonder wanneer gaan NMBM verwyder word van die brandpunt lys?

Darkwing Duck ·

Glo lankal nie meer hulle statistieke nie. Is ‘n kombinasie van PCR en antiliggaam toetse en laasgenoemde postitief beteken jy het dit voorheen gehad, maar dit word bygetel by positiewe resultate as aktiewe gevalle. Mens kan ‘n krokkodil laat erken hy is ‘n erdvark met statistiek truuks.

koos10 ·

Snaaks dat elke slag net nadat inperkings vlakke verander, die statistieke net mooi saam op of af gaan.
Kan ons regering werklik elke slag in die kol wees, of (meer waarskynlik) word die statistieke mooi gehelp om die regering se besluite te regverdig.

Verstaan my baie mooi asseblief, ek besef dat COVID bestaan en baie mense siek word, my wantroue is by die regering en die statistieke. Ek is 100% oortuig dat die getalle nie reg is nie, en het al vrae daaroor gevra, wat tot vandag toe nog onbeantwoord gebly het. Bv. Word die positiewe toetse of persone persone getel? Een mens kan meer as een keer postief toets. Sê ‘n persoon is in die hospitaal vir COVID sal daar tenmiste voor opname een positiewe toets wees. Word die persoon weer getoets in die hospitaal na sê 10 dae, en toets weer positief, hoe word die tweede toets getel?

Louis ·

Jammer, ek glo nie een woord van hierdie snert! Die nuwe gevalle hang af van hoeveel toetse daar die dag gedoen was. Of hulle die dag lus was vir werk/nie. Leuens, alles leuens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.