Covid-19-statistieke: Minder as 2 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het in hierdie stadium 75 627 aktiewe Covid-19-gevalle landwyd en 1 931 nuwe gevalle is volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) aangemeld. Dit bring die algehele syfer op 3 581 359 te staan. Hiervan het 3 411 555 mense reeds herstel.

Die positiwiteitskoers staan tans op 8,6%. Dit is ʼn daling van die vorige dag se koers wat op 9,2% gestaan het. Die sewedaggemiddeld staan nou op 9,6%, ook ʼn daling van die 9,9% van ʼn dag tevore.

Die meeste nuwe gevalle is steeds in Gauteng (26%), gevolg deur die Wes-Kaap (20%), KwaZulu-Natal (19%), Mpumalanga (9%), Limpopo (8%), Noordwes (7%), die Oos-Kaap (5%), die Noord-Kaap (4%) en die Vrystaat (3%).

Altesame 114 nuwe sterftes is bevestig, waarvan 17 binne die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het.

Nog 26 mense is met Covid-19 in hospitale opgeneem en in hierdie stadium het 6 595 mense in hospitale Covid-19 onder lede.

Altesame 22 567 toetse vir Covid-19 is sedert ʼn dag tevore gedoen en net 5 120 dosisse van die entstof is Sondag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Jana ·

Die syfers wat val is goeie nuus. Ek hoop dit hou aan afgaan en ook dat ons kan ophou maskers dra.

VaalDonkie ·

Ek wil graag hoor by die tannie wat ‘n afduimpie gelos het waarom sy nie laaik wat jy geskrywe het nie.

Johan ·

Want sy is so bang, sy gaan nooit weer uit haar huis kom nie.

VaalDonkie ·

Hulle praat al klaar van die volgende golf so byt maar vas.

Dirk Mostert ·

Die skrif is reeds teen die muur. Bojo, onder politieke druk, gaan die VK binnekort laat terugkeer na normaal. Ander Eurolande gaan swig voor groot betogings teen covid-maatreels, veral entpaspoorte.

Thom ·

Dagsê! Jy mors jou tyd ___ dit is dieselfde breinlose koor wat daagliks mekaar se ruggies krap!

piet ·

Ek wonder wat hierdie moaners sou gedoen het as hulle in Aus of NZ gewoon het. Kan jy jou daai weenkoor indink?

MakersMark ·

Hul sou stil gebly het die wet daar speel nie kyk wat het met novax gebeur…..

Adriaan ·

Don’t forget those who
~ closed schools
~ ended our jobs
~ shut businesses down
~ required we stay home
~ censored & cancelled us
~ caused lockdown deaths
~ prevented early treatment
~ ignored informed consent
~ coerced a dodgy medication
~ forced useless, harmful masks
~ prevented us from seeing sick family

Danie ·

En jou punt is? Wereld wye pandemie en dis was mos nie net beperk to SA nie.

Adriaan ·

@ Danie Die punt is dat die inperkingsmaatreels n magsvergryp was en dat aspekte daarvan soos sluiting van besighede, die sensor van menings wat nie met die amptelike weergawe ooreenstem nie, beletsels op die reg om te werk en die verdagmaking en weerhouding van vroeë behandeling met medikasie wat dekades lank al met veiligheid gebruik word n misdaad teen die mensdom is en dat almal wat die maatreels uitgevaardig het en afgedwing het, verantwoording moet doen.

patel se verbod op die verkoop van ooppunt skoene en sekere ander klere is n voorbeeld van die magsvergryp tydens die inperking.

MakersMark ·

So die hele wêreld se inperkings was ‘n magsvergryp ? Hoe sou mediese dienste wereldwyd gelyk het voor inentings as daar nie inperkings was nie ? Mense sou op die sypaadjies gesterf het. Regerings neem besluite vir die beskerming van die hele populasie en nie individue nie.

Adriaan ·

@ Mark “Mense sou op die sypaadjies gesterf het.” Bewyse, of het jy dit uit jou duim gesuig?

MakersMark ·

As jy enige iets van die mediese dienste se kapasiteit itv ICU beddens asook suurstof bedpunte verstaan sal jy begryp wat ek sê. Suurstof en icu versorging is die enigste lewensondersteunende terapie vir ‘n persoon met gevorderde longontsteking. Kyk wat het in Indie gebeur met hul delta golf. Inperkings is om te verhoed dat mediese dienste oorstroom met mense wat ICU en suurstof nodig het. So lees so bietjie wyer en meer wetenskaplik dit help nogal.

Adriaan ·

@ Mark Dit verduidelik nie jou stelling dat “Mense sou op die sypaadjies gesterf het.” nie.

MakersMark ·

Man ek hoef dit nie vir jou te verduidelik nie, het gedink jy sou dit self kon uitwerk. Maar hier is “take two”: net oor die 3000 ICU beddens in SA se hospitale beskikbaar, 60000000 populasie. Weghol CV19 infeksies……kyk na piek van golwe 1, 2, en 3 en sien hoeveel mense is in hospitale opgeneem en watse persentasie gaan ICU toe dan sal jy verstaan hoekom, selfs onder inperkings, daar te min beddens en suurstofpunte was dat hospitale in die parkeer terreine tente opgeslaan het, beddens en suurstof silinders ingebring het vir die oorvloei van oorvol ICU sale. Wat sou die aanvraag gewees het as daar geen inperkings was nie en die infeksie tempo het verdubbel ? Daar sou nie genoeg beddens of suurstof punte beskikbaar gewees het nie. En moet nie vertel “inperkings werk nie” deur 3 golwe was dit duidelik dit het. Einde van klas huiswerk is om self die syfers te ontleed.

Adriaan ·

@ Mark Ek dink ek is op die punt om te verstaan. Met so baie mense wat c19 kon kry en so min ICU beddens, hoekom nie voorkomende en vroeeë behandeling op n buite pasient basis bied nie?

In bv Uttar Pradesh is groot sukses met die bekamping van c19 behaal omdat n “covid kit” versprei word wat onder andere Ivermectin insluit.

Jacob ·

Danie ek dink die punt wat Adriaan maak, is duidelik dat ons politici, farmaseutiese maatskappy en hulle wat teen hulle gesonde oordeel, Covid 19 uit verband geruk het, verantwoordelik hou en selfs strafregtelik vervolg.

Covid 19 entstowwe word steeds uitgemaak as die beste wyse om jouself en ander om jou te beskerm, ongeag van die feit dat die entstowwe basies nutteloos is en bes moontlik meer skadelik as goed is. Daar word bv. geen melding gemaak van die feit dat dit moontlik tot ontsaglik baie sterftes kon lei en steeds doen. As voorbeeld, kyk gerus na die verband in toename in sterftes onder 60+ en toediening van entstowwe in New Zealand. Jy sal dit vind in die NSDSOS webtuiste.

Die weerhouding van beproefde behandelings moet ook as moord en poging tot moord gesien word en diegene wat na IVM bv. as dieremedisyne verwys, moet ontbloot word as uiters oningelig of propagandiste.

Hierdie is volkslagting en skuldiges moet verantwoordelik gehou word.

MakersMark ·

Dis nie die eerste keer in die geskiedenis dat ‘n wereldwye ramp impak op mense se lewens het nie. So ook nie die besluite en wette deur regerings en beleid makers nie. Dis maar deel van die lewe.

VaalDonkie ·

Wanneer is hierdie simpel oudit oor? Want dit belemmer die amptelike getalle.

Dirk Mostert ·

“aktiewe gevalle”= het positief getoets, maar minder as 10% van hulle in hospitale. Hoe dikwels word die aktiewe gevalle oor getoets en tel dit by die vorige positiewe gevalle?

VaalDonkie ·

26 mense is opgeneem gister uit 2000 wat getoets is. En dis nie 26 wat opgeneem is OMDAT hulle covid het nie, dis almal wat covid gehad het, of hulle nou asemnood het, en of hulle ‘n been verloor het in ‘n ongeluk.

Wat die tellings aanbetref, jy maak ‘n baie goeie punt. Want mens toets een ou gewoonlik ‘n paar keer totdat hy negatief toets. Ek sou reken TEN MINSTE twee toetse per geval word gedoen as die tweede negatief is, maar dis vanselfsprekend dat ‘n groot groep van daai tweede toetse ook nog positief is, en dan later sal ‘n derde (of selfs vierde end vyfde) toets gedoen word. So ja, daar is eintlik baie voetnotas om in ag te hou wanneer ons na die amptelike syfers kyk.

Frank John ·

Ek vertrou nie die vrede nie. Hoekom is daar al weer sprake van die vyfde vlaag en dit in Mei? Iemand speel speletjies. Wat beplan hulle nou weer?

VaalDonkie ·

Hou moed. Elke dag wat verbygaan is een dag nader aan die einde (wat dit ookal mag wees). Niks hou vir ewig aan nie.

Karen ·

Hulle praat ñ klomp nonsens, die skole, skaar ñ week in volle aksie is oortrek van kinders en onderwysers wat dit het!

Papsak ·

Ja iemand dryf die ding hulle speel speletjies genoeg gesien en gehoor stop hierdie entery gou asb

MakersMark ·

Wie is “iemand” en “hulle”? Klink dit word nou ‘n bende…..

Samuel ·

Ek vertrou hierdie vrede nie. Daar word dan gespekuleer dat ‘n vyfde vlaag ons eersdaags weer gaan tref. Hoe dom dink die regering en sommige gesondheidswerkers is ons? Is hierdie nie net ‘n politieke magspel nie? Regeer die mense deur vrees. Hier is nou weer ‘n baie legitieme manier om die noodtoestand in stand te hou. Die hele covid pandemie raak nou vervelig en die inentery is ‘n klug.

Casper ·

Daar is beduidende afname in infeksies en hospitaalopnames.Wanneer kan ons die “panties”(maskersophou dra.

MakersMark ·

Dalk pas ‘n panty beter by sekere mense so hou hom aan dra.

Johan ·

Ons behoort almal hart te probeer om Omnikron te kry, dit is nie dodelik nie en kom saam n lekker sterk immuun teen AL die variante wat waarskynlik gaan hou vir 90jaar of so.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.