Suid-Afrika se getal bevestigde koronavirusgetalle staan op 3 560 921 nadat 1 691 nuwe gevalle bevestig is. Altesame 3 375 859 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van 94,8%.
Daar is tans 91 611 aktiewe gevalle – ʼn daling van die 94 862 van ʼn dag tevore – en die positiwiteitskoers staan volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) tans op 9,3%. Altesame 18 171 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen.
Nog 25 sterftes is oor die afgelope 24 tot 48 uur aangemeld. Weens die voortgesette oudit van die departement van gesondheid is altesame 87 sterfgevalle egter bygevoeg. Dit bring die algehele sterftesyfer weens die pandemie op 93 451 te staan.
Die meeste nuwe gevalle is nou weer in Gauteng (27%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (17%), Mpumalanga (11%), Limpopo en Noordwes (7% elk), die Vrystaat (6%), die Oos-Kaap (5%) en die Noord-Kaap (2%).
Die getal nuwe positiewe gevalle is 9,3%, ʼn daling van die 10,6% van ʼn dag tevore, terwyl die sewedaggemiddeld nou op 12,8% staan, ook ʼn daling van die vorige dag se 13,4%.
Nog 114 mense is sedert die vorige verslag in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en 7 700 mense is tans in hospitale met Covid-19.
Altesame 86 119 dosisse entstof is Maandag toegedien. Tot dusver is 28 993 654 dosisse van die entstof landwyd toegedien. Meer as 300 000 versterkingsdosisse is ook al toegedien.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Nou ja toe. As hulle moet begin “oudit” om die nommers op te blaas, dan kan ons maar aanvaar die golf is oor en verby.
Dis fantasties.
Duime is opgesuig…
Wanneer gaan die statistieke weer opwaarts aangepas word? Glo niks meer wat ek lees oor die pandemie nie. Pffffffft