Covid-19-statistieke: Minder as 2 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika se getal bevestigde koronavirusgetalle staan op 3 560 921 nadat 1 691 nuwe gevalle bevestig is. Altesame 3 375 859 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van 94,8%.

Daar is tans 91 611 aktiewe gevalle – ʼn daling van die 94 862 van ʼn dag tevore – en die positiwiteitskoers staan volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) tans op 9,3%. Altesame 18 171 nuwe toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Nog 25 sterftes is oor die afgelope 24 tot 48 uur aangemeld. Weens die voortgesette oudit van die departement van gesondheid is altesame 87 sterfgevalle egter bygevoeg. Dit bring die algehele sterftesyfer weens die pandemie op 93 451 te staan.

Die meeste nuwe gevalle is nou weer in Gauteng (27%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (17%), Mpumalanga (11%), Limpopo en Noordwes (7% elk), die Vrystaat (6%), die Oos-Kaap (5%) en die Noord-Kaap (2%).

Die getal nuwe positiewe gevalle is 9,3%, ʼn daling van die 10,6% van ʼn dag tevore, terwyl die sewedaggemiddeld nou op 12,8% staan, ook ʼn daling van die vorige dag se 13,4%.

Nog 114 mense is sedert die vorige verslag in hospitale vir behandeling van Covid-19 opgeneem en 7 700 mense is tans in hospitale met Covid-19.

Altesame 86 119 dosisse entstof is Maandag toegedien. Tot dusver is 28 993 654 dosisse van die entstof landwyd toegedien. Meer as 300 000 versterkingsdosisse is ook al toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

VaalDonkie ·

Nou ja toe. As hulle moet begin “oudit” om die nommers op te blaas, dan kan ons maar aanvaar die golf is oor en verby.

VaalDonkie ·

Kyk, as ek nou eerlik is, ek weet COVID is baie gevaarlik, en ek wil dit glad nie opdoen nie. MAAR, mens moet ook besef dat die siekte baie effektief behandel kan word as jy net vroeg by ‘n goeie dokter uitkom. Dis die mense wat wag totdat hulle blou in die gesig is en dan hospitaal toe gaan wat dit nie maak nie. As jy vroeg begin met die medikasie is jou kanse op oorlewing selfs beter as die inentings (sonder enige ander intervensies). En dit is waarom ek “anti-waks” is: omdat daar BETER maniere is om jou lewe te spaar wat nie vereis dat jy eksperimentele goed moet inspuit wat jou hartinflammasie en beroertes kan gee nie.

VaalDonkie ·

Dis is ja. Veral gemeet aan die feit dat Pfizer se hoof self erken het die inspuitings help niks vir Omicron nie. So die ding het vanself begin afneem en weinig lewens ge-eis vergeleke met Delta. Hopelik hou die virus aan om vriendeliker te word soos die tyd aanstap.

piet ·

Vaaldonkie, waar kom jy aan die snert leuens wat jy verkondig? Gee vir ons die bewys dat Pfizer se hoof se dat hulle eie vaksien niks help vir Omicron nie. Ek bedoel, regtig darem ook. Jy lieg so, jy glo al jou eie leuens.

Dirk Mostert ·

Piet, jy laat my dink aan die drie apies. Hoor niks slegs nie, sien niks slegs nie (praat niks slegs nie)

Samuel ·

Wanneer gaan die statistieke weer opwaarts aangepas word? Glo niks meer wat ek lees oor die pandemie nie. Pffffffft

Dirk Mostert ·

Daar moet nou eers ‘n lae basis ontstaan waarteen die wintergolf kan afsteek/opsteek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.