Covid-19-statistieke: Minder as 20 000 aktiewe gevalle

Suid-Afrika het in hierdie stadium minder as 20 000 akitewe Covid-19-gevalle. (Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesame 880 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika bevestig, wat die algehele getal infeksies op 1 577 200 te staan bring.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê in sy daaglikse bywerking van syfers nog 51 sterftes is ook bevestig. Hiervan was ses in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, 20 in Gauteng, nege in KwaZulu-Natal, twee in die Noord-Kaap en 11 in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Mpumalanga of Noordwes aangemeld nie.

Die sterftesyfer weens Covid-19-infeksies staan in hierdie stadium op 54 237.

Die getal aktiewe gevalle het tot minder as 20 000 gedaal en is tans 19 977. Altesame 1 502 986 mense het reeds van die virus herstel en die herstelkoers bly op 95%.

Altesame 21 776 toetse is sedert die vorige bywerking vir Covid-19 gedoen.

Aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           207

Limpopo:            304

Mpumalanga:    754

Wes-Kaap:          1 891

Gauteng:             2 671

Vrystaat:             2 840

Noordwes:         2 867

Noord-Kaap:      3 276

KwaZulu-Natal:  5 167

Totaal:                 19 977

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Hendrik Marthinus ·

More Maroela Media
Ek neem aan die statistieke is foutief
Die Oos Kaap het eersgenoemde 6 sterftes en laasgenoemde weer 11 sterftes
Ek neem aan die laasgenoemde is dalk Wes Kaap

Christel Cornelissen ·

Dagsê Hendrik Marthinus
Baie dankie vir jou boodskap. Ons vra om verskoning vir die fout en het dit reggestel.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Pieter ·

Hef die ramptoestand op, die belaglikheid deur al te lank en goeie geleentheid vir sekeres om hulself te verryk ten koste van ander.

Francois Le Cochon ·

Pieter, hoe langer die ramptoestand aanhou, hoe gouer sal ons almal na “normaal” kan terugkeur.

Alleen Wolf ·

Wat ‘n bol twak, het voorheen al vir jou gese, ek dink jy is seker een van die wat nog nie ‘n dag se salaris ingeboet het nie, dis die dat jy sulke ondeurdagte nonsens kan kwyt raak

Esme ·

Covid en swak bestuur is besig om ons land te kelder. Net weer die naweek besef, niks is soos wat dit werklik lyk nie. Ons kan maar net wonder wat die ware toedrag in terme van Covid is.

Francois Le Cochon ·

Esme, Covid ja, maar swak bestuur? Almal wat kritek siek in hospitale opgeneem was, het beddens gekry en ventilators waar nodig. Indien daar swak bestuur was sou daar nie genoeg hospitaal beddens en ventilators gewees het nie. Mense sou huis toe gestuur gewees het om daar verder dood te versmoor, soos nou die geval in Indie is. As jy covid oorleef het sonder ‘n ventilator, wees ten minste dankbaar vir diegene wat ventilators nodig gehad het, dit gekry het, en wat lewend uit die hospitaal gestap het. Is dit swak bestuur om lewens te red?

Karen ·

Daar was ñ tekort? Mense het in die hospitaal gange dood gegaan omdat hulle moes wag! Daar was nie genoeg beddens nie, mense het op die vloer gelê.

Pietertjie ·

Die aktiewe gevalle is minder as ‘n half-vol sportstadion se toeskouers. En daarvoor moet byna 60 miljoen mense aan allerlei ramp-regulasies voldoen. Wat ‘n grap! Ek wonder of die regering sal erken as die aktiewe gevalle na minder as ‘n halwe sokkerspan daal, en of hulle afstand gaan doen van die ramp-melkkoei. Ek twyfel….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.