Covid-19-statistieke: Minder as 3 000 nuwe gevalle aangeteken

(Argieffoto:
Alexas_Fotos/pixabay)

Suid-Afrika het sedert Saterdag 2 728 nuwe gevalle van Covid-19 aangeteken, wat die algehele getal gevalle op 609 773 te staan bring. Dít volgens syfers wat Sondagaand deur die departement van gesondheid bekendgemaak is.

Net meer as 13 000 mense is sedert Maart in Suid-Afrika oorlede, met 73 pasiënte wat sedert Saterdag weens Covid-19 gesterf het. Die meeste sterftes was in Gauteng (41), gevolg deur KwaZulu-Natal (12), die Oos-Kaap (11) en die Wes-Kaap (8). Suid-Afrika het egter steeds ʼn herstelkoers van 83%, wat beteken dat slegs 90 194 mense tans Covid-19 onder lede het. Dit is soveel soos die algehele getal gevalle in Suid-Afrika teen die einde van Junie.

Gauteng het steeds die meeste aktiewe gevalle (30 183), gevolg deur KwaZulu-Natal (22 835) en die Vrystaat (13 735). Limpopo het luidens statistieke die minste aktiewe gevalle, met 1 799 mense wat tans hier siek is, gevolg deur die Oos-Kaap met 1 800 pasiënte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
wim

Hoe is dit dat net MM ‘n gepaste hoofopskrif gee vir die onmiskenbare tendens? Minder as 3000 nuwes. Dankie daarvoor.

‘n Sekere ander aanlyn alternatief vir nuus gebruik tot onlangs toe nog die woord “surge” selfs al was die nuwe gevalle op daardie dag op ‘n maandlange rekord lae vlak.

Die hersteldes is nie veel aangepas gisteraand nie, so ek vermoed as hul daarmee opvang vanaand gaan die aktiewe gevalle 88 000 of minder wees, en die verwarrend benoemde “herstelkoers” op na 84%