Covid-19-statistieke: Minder as 30 000 aktiewe gevalle

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Ronny Hartmann / AFP)

Altesaam 1 521 706 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 638 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 125 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Vrystaat (31), Gauteng (8), KwaZulu-Natal (7), Mpumalanga (5), Noord-Wes (46), Noord-Kaap (18) en die Wes-Kaap (10) aangemeld.

Dít bring die land se dodetal op 50 803 te staan.

Volgens Mkhize het 1 442 045 pasiënte in Suid-Afrika egter reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 94,7%.

Nog 13 630 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 269 122 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die privaatsektor uitgevoer.

Meer as 107 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Maandag teen Covid-19 ingeënt.

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 314182 562253
Vrystaat3 39372 4964 791
Gauteng9 862394 1722 916
KwaZulu-Natal9 748311 7499 181
Limpopo1 91759 747678
Mpumalanga1 28369 760978
Noordwes1 24957 8872 420
Noord-Kaap74431 6052 030
Wes-Kaap11 293262 0675 611
Totaal50 8031 442 04528 858

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dirk Mostert ·

Nog so ‘n week dan gaan die getalle weer op (o.a. deur toetsuitslae nou terug te hou en meer toetse van volgende week af) vir die “derde golf” as verskoning om die Kaapse strande toe te maak oor die paasvakansie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.