Covid-19-statistieke: Minder as 40 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal nuwe Covid-19-gevalle is laer as ʼn dag tevore, maar is steeds hoër as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag 1 635 nuwe koronavirusgevalle is bevestig. Dit bring die algehele getal infeksies op 2 904 307 te staan en verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 4,4%.

Altesame 87 705 sterftes is tot dusver aangemeld, nadat nog 79 Covid-19-verwante sterftes bevestig is.

Die meeste nuwe gevalle was weer in die Wes-Kaap (25%), gevolg deur KwaZulu-Natal (21%), Gauteng en die Oos-Kaap (12% elk), die Vrystaat (11%), die Noord-Kaap (9%), Noordwes (5%), Mpumalanga (4%) en Limpopo (2%).

Daar is tans 39 612 aktiewe gevalle van die virus landwyd en 2 776 990 mense het reeds herstel.

Meer as 17,7 miljoen Covid-19-toetse is reeds in Suid-Afrika gedoen, waarvan meer as 37 000 sedert die vorige verslag.

Nios sê nog 114 mense is vir behandeling van Covid-19 in hospitale opgeneem en tans word altesame 6 466 mense vir die virussiekte behandel.

Tot dusver is 17,7 miljoen inentings teen Covid-19 reeds gedoen en 188 773 mense is Vrydag ingeënt. Die regering se Vooma-inentingsnaweke het ook hierdie naweek afgeskop in ʼn poging om meer mense te laat inent.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Casper ·

Daar is wel ‘n skerp afname in nuwe gevalle,minder hospitalisasie,en sterftes maar ons moet besef daar gaan nog sterftes wees.Dit is verblydend om te sien dat mense wel die entstof ontvang.Dit is die regte ding om te doen.Ons moet veiligheidsprotokolle handhaaf om massa infeksies te voorkom.

Jaco ·

Corona golwe in SA ry wipplank tussen ware en fiktiewe golwe:
1ste golf vanaf Maart 2020 was regtig; hele land geraak.
2de golf was fiktief (Des. 2020 – Jan. 2021). Doel: NET om wit mense hul tradisionele vakansie by die see te ontneem, om wit toeristebesighede aan die kus seer te maak en om “die rassistiese DA” wat die Wes-Kaap beheer kwaad te maak.
Die onlangse 3de golf was weer regtig. episentrum was nogal in ‘n ANC beheerde Gauteng.
MAAR ek sidder vir Desember vanjaar: dan is die Wes-Kaap weer skielik, oornag, in ‘n hoë 100% opgemaakte 4de golf, word strande gesluit en kry wit toeristebesighede aan die kus weer báie seer.
Maklik 90% van die ANC-regering se anti-Corona maatreëls is eintlik anti-wit maatreëls. Dis volledig gemik teen wit mense, wit besighede en “die rassistiese DA” in die Wes-Kaap.
Voordat almal my nou kruisig vir my kommentaar, ONTHOU TOG: Ramaphosa het 2 keer in die verlede gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat wit mense se rol in die ekonomie moet stop

Thom ·

Jy het regtig ‘n probleem en as jy niks van virologie verstaan nie moet jy liewer stilbly en nie doelbewus onwaarhede versprei nie .

Harry ·

Jaco kom bietjie by, alles gaan nie daaroor om ons wittes te benadeel nie, jou rasistiese onderrok hang ver uit

Andre ·

Jaco, ek is bly iemand kyk nog verby die politieke strooi wat opgedis word.

Francois Le Cochon ·

Jaco, waar kry jy jou al jou inligting. Ek probeer al maande lank jou inligting verifieer, maar kry niks. Verlos my asb van die onsekerheid en gee “links”, of adres van haarkapper of kroeg.

Andre ·

Lekker om te sien alles wat teen die wêreld-orde gesê word, word “gemodereer”!!!!

KB ·

Lyk my die Covid-19 “pandemie” is ook besig om ‘n stille dood te sterf.

Anel ·

En na 1 November gaan ons so stadig na vlak2 dan na vlak 3 agv stemmery wat skuld gaan kry en as ons ons oë uitvee is ons Desember op vlak 5 om te keer dat mense vakansie gaan hou. Ek glo daar is op die oomblik mees siek mense aan ander siektes as die virus, maar dit sal ons nooit vertel word nie. Die mense moet paranoïes gehou word.

Casper ·

Ag asseblief Anel ,as jy iets wil word word groot.Daar is geen sprake van die vlakke wat jy noem nie.Dit is die simpel mense wat nie die entstof wil vat nie wat inperkings veroorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.