Covid-19-statistieke: Minder as 5 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Die positiwiteitskoers van Covid-19-toetse het selfs verder gedaal en staan tans op 17,6%, ʼn daling van die 19% waarop dit ʼn dag tevore gestaan het.

Dít nadat nog 4 482 nuwe gevalle van die koronavirus bevestig is. Dit bring die algehele getal bevestigde gevalle op 3 526 054 te staan. Hiervan het 3 286 952 mense reeds herstel.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê daar is in hierdie stadium 146 649 aktiewe gevalle van die virus.

Nog 82 sterftes is bevestig en die algehele sterftesyfer staan op 92 453.

Die Wes-Kaap bly die provinsie met die meeste nuwe gevalle (26%), gevolg deur KwaZulu-Natal (23%), Gauteng (22%), die Oos-Kaap (8%), die Noord-Kaap (6%), die Vrystaat (5%), Mpumalanga en Noordwes (4% elk) en Limpopo (3%).

Die sewedaggemiddeld het ook gedaal en het teen Sondagaand op 19,8% gestaan, laer as die 20,6% van ʼn dag tevore.

Nog 80 mense is weens Covid-19 in hospitale opgeneem, wat die totale syfer op 8 891 te staan bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Thom

Kom mense __ staan saam , kry jou inentings op datum en help om hierdie probleem te oorwin !

krodedil

Dit gaan goed in SA. Minder as 5000 het verkoue

Chrisp

Vat so!!
Natuurlike immuniteit is ‘n wonderlike ding?

Jacob

Die wat huiwerig is om die entstowwe te neem moet kennis neem dat Amerikaanse howe na ‘n FOIA (freedom of information act) aansoek deur etlike dokters en spesialiste, nou die FDA (Food and Drug Administration) dwing om die inligting wat gebruik is om die Pfizer entstowwe goed te keur, vry te stel. Die FDA wou die proses uitrek en dit oor ‘n tydperk van nou tot 2075 vrystel, maar het slegs sowat 8 maande om dit nou te doen. Die vraag is, wat wou hulle wegsteek en gaan daar enige inligting wees wat gaan lei tot die vervolging van hooggeplaastes… Lees meer »

Marius

Natuurlike immuniteit bly die beste. Jou liggaam weet hoe om virusse en bakterieë te beveg. Jy hoef nie vreemde goed in te spuit om hom te help of dalk selfs swakker te maak nie. Dink mooi oor wat jy doen.