Altesaam 1 545 979 mense in Suid-Afrika het nou reeds Covid-19 opgedoen nadat nog 548 pasiënte in die laaste siklus van 24 uur positief getoets het.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand in sy gebruiklike verklaring gesê nog 47 pasiënte het intussen weens Covid-19 gesterf. Dié sterftes is onderskeidelik in die Oos-Kaap (3), Vrystaat (2), Gauteng (15), Noordwes (23), die Noord-Kaap (1) en die Wes-Kaap (3) aangemeld.
Dít bring die land se dodetal op 52 710 te staan.
Volgens Mkhize het 1 472 645 pasiënte in Suid-Afrika reeds van die koronavirus herstel, met ʼn herstelkoers van 95%.
Nog 16 123 toetse is intussen uitgevoer. Die land het nou reeds 9 819 994 toetse sedert die uitbreek van die virus gedoen. Die meeste van die toetse is in die private sektor uitgevoer.
Daar is tans sowat 20 600 aktiewe gevalle van die koronavirus in Suid-Afrika. Die meeste van dié gevalle is in KwaZulu-Natal gevolg deur die Wes-Kaap.
Altesaam 239 665 gesondheidwerkers is teen Maandagaand reeds teen Covid-19 ingeënt.
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 358 | 183 798 | 206 |
Vrystaat | 3 640 | 77 757 | 1 681 |
Gauteng | 10 250 | 401 049 | 2 342 |
KwaZulu-Natal | 10 167 | 318 217 | 5 411 |
Limpopo | 2 209 | 60 643 | 272 |
Mpumalanga | 1 342 | 72 449 | 988 |
Noordwes | 1 478 | 60 084 | 2 000 |
Noord-Kaap | 820 | 32 741 | 2 573 |
Wes-Kaap | 11 446 | 265 907 | 5 151 |
Totaal | 52 710 | 1 472 645 | 20 624 |
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Hoekom dan nogsteeds die noodtoestand. Hou maar aan sanitize en dra maskers, maar skaf die noodtoestand af.
Ek neem aan veldhospitale het toegelaat omdat die hospitalisering van covid 19 pasiënte afgeneem het.Die herstelkoers staan op 95%.Daar is ‘n beduidende aflame in infeksies en sterftes,hoekom dan ‘n verbod op drankverkope plaas.
In Kanada is AstraZeneca-entings vir onder-55-jariges gestaak weens kommer oor bloedklonte. Frankryk en Switserland het vroeer AstraZeneca afgekeur vir mense oor 65 weens onvoldoende proewe op daai groep.