Covid-19-statistieke: Minder as 6 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Maandagaand altesaam 2 383 490 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 5 683 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 243 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 70 018 te staan bring.

Altesaam 2 169 452 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 144 020 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die departement het aangedui dat altesaam 6 613 704 mense teen Maandagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Aantal aktiewe gevalle per provinsie:

Gauteng: 32 888
Wes-Kaap: 31 104
Noordwes: 22 397
KwaZulu-Natal: 20 578
Vrystaat: 12 011
Limpopo: 7 259
Mpumalanga: 7 085
Oos-Kaap: 6 237
Noord-Kaap: 4 461



ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Thom

Hoe gouer inenting verpligtend word hoe beter . Dokters en verpleegpersoneel werk hulself in ‘n koma in agv van die middeleeuse bygelowe van mense . In die VSA hardloop infeksies weg in die state waar die hardkoppiges die meerderheid is terwyl hospitale in Kanada , waar ‘n baie hoë persentasie van die bevolking reeds geënt is , geen sterftes aan Covid meer aanmeld nie . Die anti-brigade gaan veroorsaak dat ons nog lank kort-kort ingeperk gaan word ___ dit is die regering se plig om die publiek teen hulself te beskerm .

MakersMark

Hoe vinniger ‘n “inentings paspoort” wat toegang vir oningeentes weier by publieke byeenkomste, asook publieke plekke en internasionale reis hoe beter. Hoe meer die virus versprei hoe meer variante hoe groter die risiko vir almal.

Dirk Mostert

Die gesondheidsdepartement verskaf steeds net selektiewe inligting, ‘n bewys van oneerlikheid en agenda-promosie. Hoeveel gevalle was reeds geent?

Marianna

Inentingspaspoort vrywaar niemand van covid of enige van sy variante nie. Daar is nog geen bewyse dat dit werk nie. Die mense wat nou nie covid kry na hulle ingeent is nie, sou in elk geval nie covid gekry het nie. Waar was die wereldwye inentings vir SARS, Varkgriep en ander? Wat het van daardie virusse geword? Die mense se eie immuniteit het die virusse vernietig.