Altesame 566 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.
Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 704 784 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 3,9%.
Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale getal aktiewe gevalle is 14 628.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 890 nadat nog nege sterftes aangemeld is, waarvan vier in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.
Tot dusver het 3 590 266 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,9%.
Suid-Afrika het tot dusver 23 599 964 toetse vir Covid-19 gedoen, 14 403 sedert die vorige verslag.
Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur sewe hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 010 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.
Meer as 33 miljoen inentings is tot dusver gedoen.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Nuwe gevalle | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 10 | 474 |
Vrystaat | 10 | 1 329 |
Gauteng | 233 | 4 288 |
KwaZulu-Natal | 117 | 3 691 |
Limpopo | 6 | 141 |
Mpumalanga | 19 | 441 |
Noordwes | 24 | 1 073 |
Noord-Kaap | 7 | 2 648 |
Wes-Kaap | 140 | 543 |
Totaal | 566 | 14 628 |
Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel |
Oos-Kaap | 16 567 | 327 465 |
Vrystaat | 7 625 | 192 998 |
Gauteng | 20 612 | 1 179 070 |
KwaZulu-Natal | 16 034 | 637 829 |
Limpopo | 4 574 | 150 797 |
Mpumalanga | 4 705 | 187 654 |
Noordwes | 4 711 | 186 671 |
Noord-Kaap | 3 215 | 102 901 |
Wes-Kaap | 21 847 | 624 881 |
Totaal | 99 890 | 3 590 266 |



O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Vir almal wil ek net dit sê: in Matt.24 het Jesus ons gesê dat die bewys dat Sy koms op hande is is dit wat nou gebeur. Oorloë en gerugte van oorloë. Pes ens. En net soos in die dae van Noag. As jy gedink het daars nog tyd om nog jou lewe te leef soos jy wil want jy is nog nie naby jou dood nie, jy gaan nog bietjie wag en die lewe geniet op wêreld wyse, dan is dit tyd om wakker te skrik, ons is by die einde. Die koms van die Here sal jou vang… Lees meer »