Covid-19-statistieke: Minder as 600 nuwe gevalle

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Altesame 566 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 704 784 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 3,9%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (41%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (25%) en KwaZulu-Natal (21%). Die totale getal aktiewe gevalle is 14 628.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 890 nadat nog nege sterftes aangemeld is, waarvan vier in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 590 266 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 599 964 toetse vir Covid-19 gedoen, 14 403 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur sewe hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 2 010 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap10474
Vrystaat101 329
Gauteng2334 288
KwaZulu-Natal1173 691
Limpopo6141
Mpumalanga19441
Noordwes241 073
Noord-Kaap72 648
Wes-Kaap140543
Totaal56614 628

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 567327 465
Vrystaat7 625192 998
Gauteng20 6121 179 070
KwaZulu-Natal16 034637 829
Limpopo4 574150 797
Mpumalanga4 705187 654
Noordwes4 711186 671
Noord-Kaap3 215102 901
Wes-Kaap21 847624 881
Totaal99 8903 590 266

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frank John ·

Vir almal wil ek net dit sê: in Matt.24 het Jesus ons gesê dat die bewys dat Sy koms op hande is is dit wat nou gebeur. Oorloë en gerugte van oorloë. Pes ens. En net soos in die dae van Noag. As jy gedink het daars nog tyd om nog jou lewe te leef soos jy wil want jy is nog nie naby jou dood nie, jy gaan nog bietjie wag en die lewe geniet op wêreld wyse, dan is dit tyd om wakker te skrik, ons is by die einde. Die koms van die Here sal jou vang op die uur wat jy nie verwag het nie, soos ‘n dief in die nag, of soos die plaas moorde. Hou op speel met jou ewigheid. Kom na Jesus, Hy is lief vir jou, oneindig. Maar as jy Hom verwerp is dit jou keuse nie Syne nie. Hy wil jou red.

MakersMark ·

Eindtye het begin met die hemelvaart. Jou boodskap is waar. Al vir hoe lank probeer elke doemprofeet die dag se gebeure interpreteer as die “eindtye”. Soos die Woord sê “soos ‘n dief in die nag”. Net die Vader weet wanneer. Gelukkig.

Nommer 7 ·

FJ, sedert 95 n.C. (toe Openbaring klaar geskryf was), het die mensdom geweldig tegnologies ontwikkel. Ons weet nou dat die hemelruim uitsit, en dat sterre tans verder weg vanaf die aarde beweeg. Volgens die Sesde Seel van Openbaring sal die sterre op die aarde neerval. Ons naaste ster, Proxima Centauri, is 4.24 ligjare vanaf die aarde, Dit sal dus 4.24 jaar vir Proxima neem om die aarde te tref indien Proxima teen die spoed van lig sal beweeg. Indien die triljoene sterre in die hemelruim “omdraai” na die aarde se kant toe, sal astronome dit beslis kan waarneem. So, hou maar CNN dop.

Thom ·

Arme ” Jesus ” weet ook nou nie meer wat julle wil hê nie __ dit was die ” eindtye ” met die Renaissance , met die Engelse oorlog , met WW1 , met WW2 en elke keer as een van julle babelaas is ! Die aarde is 4,8 biljoen jaar oud en die mens ongeveer 2 miljoene jaar __ aanvaar nou maar bewese wetenskaplike feite en vergeet van wesens wat gaan kom op julle na die dood op die vingers te kom tik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.