Covid-19-statistieke: Minder as 600 nuwe gevalle

Argieffoto bloot ter illustrasie van Covid-19. (Foto: Unsplash)

Altesame 581 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is ’n totaal van 3 713 833 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 4,5%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (47%) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en KwaZulu-Natal (19%). Die totale aktiewe gevalle is 13 636.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 99 970 nadat nog vier sterftes aangemeld is, waarvan een sterfte in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Tot dusver het 3 600 227 mense reeds van die virus herstel, ’n herstelkoers van 96,9%.

Suid-Afrika het tot dusver 23 757 304 toetse vir Covid-19 gedoen, 12 942 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur 21 hospitaalopnames. Daar is tans altesaam 1 916 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 33,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap11503
Vrystaat161 348
Gauteng2753 943
KwaZulu-Natal1093 391
Limpopo7120
Mpumalanga16319
Noordwes15675
Noord-Kaap142 741
Wes-Kaap118596
Totaal58113 636

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap16 575327 812
Vrystaat7 630193 243
Gauteng20 6451 182 643
KwaZulu-Natal16 042639 904
Limpopo4 574151 010
Mpumalanga4 705188 057
Noordwes4 721187 451
Noord-Kaap3 217102 901
Wes-Kaap21 861627 206
Totaal99 9703 600 227

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.