Suid-Afrika het nou meer as 1 559 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 655 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 559 113 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 356 nadat nog 34 sterftes aangemeld is: 14 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, een in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga en nege in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 1 484 356 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.
Suid-Afrika het tot dusver 10 154 978 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 042 sedert die vorige verslag.
Meer as 289 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Maandag teen Covid-19 ingeënt.
Provinsiale statistieke:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 195 690 | 12,6% |
Vrystaat | 84 654 | 5,4% |
Gauteng | 417 526 | 26,8% |
KwaZulu-Natal | 335 177 | 21,5% |
Limpopo | 63 442 | 4,1% |
Mpumalanga | 76 291 | 4,9% |
Noordwes | 64 882 | 4,2% |
Noord-Kaap | 37 130 | 2,4% |
Wes-Kaap | 284 321 | 18,2% |
Totaal | 1 559 113 | 100% |

Sterftes en mense wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 11 388 | 184 029 | 273 |
Vrystaat | 3 740 | 79 261 | 1 653 |
Gauteng | 10 425 | 404 870 | 2 231 |
KwaZulu-Natal | 10 271 | 318 983 | 5 923 |
Limpopo | 2 243 | 60 934 | 265 |
Mpumalanga | 1 373 | 74 138 | 780 |
Noordwes | 1 561 | 61 143 | 2 178 |
Noord-Kaap | 840 | 33 160 | 3 130 |
Wes-Kaap | 11 515 | 267 838 | 4 968 |
Totaal | 53 356 | 1 484 356 | 21 401 |


O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
4 Kommentare
Gaaaaaaaap
Kan die agbare minister asb bekendmaak waar die 3de, 4de en 5de vlaag is en wanneer dit in SA sal begin?
Domastrantes wat willens en wetens voortgaan met hulle moedswillige optredes en daardeur iemand se dood veroorsaak behoort van moord aangekla te word .
Hoekom word daar nie navorsing gedoen/gepubliseer i.t.v kudde imuniteit nie? Daar was so ‘n wyle terug ‘n berig daaroor met wat die SA Bloed Dienste wat dit vas gestel het. Of moet ons maar nogsteeds wag vir die ondoeltreffende inentings? Moenie my verkeerd verstaan nie, COVID 19 en variante is waar, maar ek glo baie sterk daaraan dat die inentings nie die antwoord is nie. Teen die tempo wat SA inent gaan dit nog 30 jaar neem om almal in te ent. En dan my grootste vraag, wat is die lang termyn se gevolge van die inenting? COVID is sowat… Lees meer »