Covid-19-statistieke: Minder as 700 nuwe gevalle

(Foto: Virginia Mayo/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 1 559 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 655 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 1 559 113 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 356 nadat nog 34 sterftes aangemeld is: 14 in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, een in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, ses in Mpumalanga en nege in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 484 356 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 10 154 978 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 042 sedert die vorige verslag.

Meer as 289 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Maandag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 69012,6%
Vrystaat84 6545,4%
Gauteng417 52626,8%
KwaZulu-Natal335 17721,5%
Limpopo63 4424,1%
Mpumalanga76 2914,9%
Noordwes64 8824,2%
Noord-Kaap37 1302,4%
Wes-Kaap284 32118,2%
Totaal1 559 113100%

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 388184 029273
Vrystaat3 74079 2611 653
Gauteng10 425404 8702 231
KwaZulu-Natal10 271318 9835 923
Limpopo2 24360 934265
Mpumalanga1 37374 138780
Noordwes1 56161 1432 178
Noord-Kaap84033 1603 130
Wes-Kaap11 515267 8384 968
Totaal53 3561 484 35621 401

Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Baardman

Gaaaaaaaap

Jakes

Kan die agbare minister asb bekendmaak waar die 3de, 4de en 5de vlaag is en wanneer dit in SA sal begin?

Thom

Domastrantes wat willens en wetens voortgaan met hulle moedswillige optredes en daardeur iemand se dood veroorsaak behoort van moord aangekla te word .

koos10

Hoekom word daar nie navorsing gedoen/gepubliseer i.t.v kudde imuniteit nie? Daar was so ‘n wyle terug ‘n berig daaroor met wat die SA Bloed Dienste wat dit vas gestel het. Of moet ons maar nogsteeds wag vir die ondoeltreffende inentings? Moenie my verkeerd verstaan nie, COVID 19 en variante is waar, maar ek glo baie sterk daaraan dat die inentings nie die antwoord is nie. Teen die tempo wat SA inent gaan dit nog 30 jaar neem om almal in te ent. En dan my grootste vraag, wat is die lang termyn se gevolge van die inenting? COVID is sowat… Lees meer »