Covid-19-statistieke: Minder as 800 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 744 nuwe gevalle van Covid-19 is in Suid-Afrika aangemeld, terwyl die land voorberei op die massa-inentingsprogram teen die virus.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die algehele syfer vir infeksies staan in hierdie stadium op 1 567 513. Altesame 1 490 876 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van 95%.

Net 21 nuwe sterftes is bevestig. Hiervan was 10 in die Oos-Kaap, twee in die Vrystaat, een in Gauteng, een in KwaZulu-Natal, drie in Mpumalanga, en vier in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Limpopo, Noordwes of die Noord-Kaap aangemeld nie.

Dit bring die sterftesyfer op 53 757 te staan.

Aktiewe gevalle staan tans op 22 880.

Aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           245

Vrystaat:             2 292

Gauteng:             2 775

KwaZulu-Natal:  5 569

Limpopo:            260

Mpumalanga:    909

Noordwes:         2 530

Noord-Kaap:      3 326

Wes-Kaap:          4 974

Net meer as 18 000 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige bywerking gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tong in die kies ·

Kan die minister van gesondheid ooit verder as 95% tel.
Dit is al maande lank wat die herstel koers laer word maar ons bly op 95%

Ek wonder maar net

Werner ·

Lekker om akkurate China virus inligting te ontvang sonder die histeriese media stertjie. Dankie.

Louis ·

@Theresa. Ja, dit het my ook opgeval dat die herstelkoers op 95% bly. Wat ‘n klug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.