Covid-19-statistieke: Minder as 800 nuwe gevalle

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het nou meer as 651 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 772 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 651 521 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 15 614 nadat nog 142 sterftes aangemeld is: 16 in KwaZulu-Natal, 12 in Gauteng, vier in die Oos-Kaap, 13 in die Wes-Kaap, 11 in die Noord-Kaap, 19 in Mpumalanga en 67 in Limpopo.

Tot dusver het 583 126 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 89,5%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 940 217 toetse vir Covid-19 gedoen, 11 603 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap87 51413,4%
Vrystaat42 2556,5%
Gauteng215 48133,1%
KwaZulu-Natal116 67417,9%
Limpopo14 2632,2%
Mpumalanga25 8604%
Noordwes27 3214,2%
Noord-Kaap13 6162,1%
Wes-Kaap108 53716,7%
Totaal651 521100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap3 05583 629830
Vrystaat83828 45212 965
Gauteng3 933191 66819 880
KwaZulu-Natal2 425107 1497 100
Limpopo32513 413525
Mpumalanga48524 597778
Noordwes32522 7624 234
Noord-Kaap17610 4123 028
Wes-Kaap4 079101 0443 414
Totaal15 641583 12652 754

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Dit blyk dat die warmer toestande tog ‘n uitwerking op die virus het.Dit is tyd dat ‘n verdere verslapping in die inperkingsmaatreëls ingestel word.Ek dink nie internazionale vlugte sal nou van pas wees nie aangesien dit ‘n tweede pandemie kan veroorsaak of sal besoekers wat die land inkom eers getoets word vir simptome.

Vriendelike Frikkie ·

As die toetse ‘n aanduiding is het ons nog niks om oor opgewonde te raak nie. 6.6% persent van die toetse is positief. Geld dit vir die res van die populasie ook? 6.6% van 50 miljoen is ‘n donker prentjie. Dis 3.3miljoen. As ek verkeerd verstaan verduidelik asb. Aanvaar ons dat as mense nie kom vir toetse nie, hulle dan skoon is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.