Covid-19-statistieke: Minder as duisend nuwe gevalle  

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 505 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 998 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 505 586 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 49 413 nadat nog 263 sterftes aangemeld is: 51 in die Oos-Kaap, 27 in die Vrystaat, 39 in Gauteng, 60 in KwaZulu-Natal, 55 in Limpopo, drie in die Noord-Kaap en 28 in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 419 459 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 94%.

Suid-Afrika het tot dusver 8 932 950 toetse vir Covid-19 gedoen, 25 093 sedert die vorige verslag.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap193 72512,9%
Vrystaat79 5055,3%
Gauteng402 53826,7%
KwaZulu-Natal327 44621,7%
Limpopo61 5994,1%
Mpumalanga70 3024,7%
Noordwes60 3994%
Noord-Kaap33 6362,2%
Wes-Kaap276 43618,4%
Totaal1 505 586100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 264182 048413
Vrystaat3 13469 5966 775
Gauteng9 535389 2703 733
KwaZulu-Natal9 532307 28110 633
Limpopo1 84058 6231 136
Mpumalanga1 23467 9051 163
Noordwes1 12655 7713 502
Noord-Kaap66330 2022 771
Wes-Kaap11 085258 7636 588
Totaal49 4131 419 45936 714

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

Herstelkoers op 94%, so wanneer maak kerke dan oop? Laas toe die herstelkoers net onder 90% was kon kerke 50% van hulle mense, tot op ‘n maksimum van 250 mense vat. Nou mag hulle net 50 mense vat.
Die toe strande oor die Desember-Januarie vakansie kan ek nog verstaan, want dit was om wit mense se tradisionele “vakansie by die see” te stop en om wit toeristebesighede aan die kus lam te lê. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid. Maar waarom kerke nog steeds toe hou? Meeste kerkgangers in SA is nie eens wit nie, so watse “misdaad van apartheid” het hulle dan nou gepleeg?

Deon ·

Hulke apartheid misdaad was om christene te word… Een plus een

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.