Covid-19-statistieke: Minder as een uit vyf toets nou positief

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika se getal bevestigde Covid-19-gevalle staan op 3 521 572 nadat nog 7 759 nuwe gevalle bevestig is. Altesame 3 281 447 mense het tot dusver van die virus herstel.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) staan die positiwiteitskoers tans op 19%. Dit is laer as ʼn dag tevore (20,2). Die sewedaggemiddeld staan op 20,6%, ook laer as die 21,7% van ʼn dag tevore.

Meer as ʼn kwart van nuwe gevalle is steeds in die Wes-Kaap (26%), gevolg deur KwaZulu-Natal (25%), Gauteng (20%), die Oos-Kaap (11%), die Vrystaat, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap (4% elk) en Limpopo (3%).

Nog 126 mense is in hospitale opgeneem om vir Covid-19 behandel te word en altesame 8 948 mense met die koronavirus is tans in hospitale landwyd.

Nog 119 Covid-19-verwante sterftes is ook aangemeld.

Altesame 15 098 dosisse entstof is Saterdag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Christel Cornelissen ·

Dagsê NEO
Ons vra om verskoning vir die oorsig en het die berig intussen gewysig.
Groetnis
Christel
nms. Maroela Media

Hanswors. ·

My wiskunde werk seker nie reg nie of ek verstaan verkeerd. Opskrif ” Minder as 1 uit 5 toets positief”, beteken dat 0 toets positief.

mattk ·

Hulle is nie skerp met wiskunde (syfers) nie, behalwe as dit by geld kom, dan sit hulle sommer ‘n paar nulle by, want ‘n nul beteken mos niks.

casper ·

40000 toetse teen R400 elk = R16 000 000.
Iemand maak BAAAIE geld uit die spul uit !!

Pietertjie ·

Dis net die koste van die entstof. Tel nog by: die personeel-koste, die vervoer-koste van ingeëntes, die vragte mediese afval wat verwerk moet word, die lys is lank. Dis ‘n industrie op sy eie!

Groen Ghoen ·

Inderdaad, Pieter. En wie moet ons bedank? My antwoord: Die Belastingbetalers Bank.

Groen Ghoen ·

Goeie liewe aarde, Casper: Is jou syfers korrek? Dit is verstommend. Hoeveel ontvang die drs. en ander mense wat die inspuitings toedien? Is daar iemand wat ‘n berekening kan doen wat die hele petalje die belastingbetalers kos?

MakersMark ·

Sure, sal jy verniet werk of die tegnologie verniet verskaf ?

Dirk Mostert ·

Meestal onnodige toetse. Slegs ‘n klein aantal van die wat getoets word het hospitalisasie nodig.

MakersMark ·

Regtig ? Wat van mense wat laat toets (somtyds op dokters aanbeveling) vir duisende ander siektes en kondisies? As die resultaat negatief is was dit ook onnodig ? Hoe sal ‘n dokter behandeling protocol bepaal sonder om te toets ? Dink tog verder as die tuinhek hemel ……

Cherokee ·

Minder as 1 uit 5, maar steeds woeker die ênters vir gedwonge inënting.

MakersMark ·

Lees net OP 13 dan sal jy nie bekommerd wees nie……

Anel ·

So wanner word ons nou afgradeer na 0. Sodat ons normaal kan aangaan!

Jaco ·

Ek het gewonder wanneer gaan die bekookte Corona syfers weer wys dis hoogste in die Wes-Kaap. Anders as in die provinsies waar die hoogheilige ANC in beheer is, gaan die Wes-Kaap egter seker nou op vlak 4 of 5 van inperking geplaas word, strande gesluit en besighede speel bankrot. Alles om “die rassistiese DA” wat die Wes-Kaap beheer te straf.
Net 10% van SA se anti-wit ANC-regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is net gemik teen wit mense en die DA.

Dirk Mostert ·

En hoeveel van die wat nou positief toets was reeds geent? En hoeveel van hulle was onder die “aktiewe gevalle”wat net weer getoets is?

MakersMark ·

Maak glad nie saak nie. Die vraag is van die wat wel sterf of in ICU opeindig hoeveel is oningeent ? So om en by 92 %.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.