Covid-19-statistieke: Minder as tien nuwe gevalle in dié provinsie

(Argieffoto: Unsplash)

Slegs agt uit die 300 nuwe Covid-19-gevalle landwyd is Saterdag in Limpopo aangeteken.

Die meeste nuwe gevalle wéér in Gauteng (56) aangemeld, gevolg deur die Wes-Kaap (52) en KwaZulu-Natal (47).

In die Vrystaat is 43 nuwe gevalle aangemeld, gevolg deur die Noord-Kaap (37), Oos-Kaap (21), Mpumalanga (20) en Noordwes (16).

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap21
Vrystaat43
Gauteng56
KwaZulu-Natal47
Limpopo8
Mpumalanga20
Noordwes16
Noord-Kaap37
Wes-Kaap52

Die getal nuwe virusgevalle is minder as dié van gister (475), en ook laer as die gemiddelde aantal nuwe gevalle oor die afgelope sewe dae (365). Die algehele positiwiteitskoers staan nou op 1,2%.

Luidens statistieke deur die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is 12 Covid-19-verwante sterftes Saterdag aangemeld.

Altesame 3 857 mense word nou vir die virus in die hospitaal behandel nadat nog nege mense opgeneem is.

Minstens 2 921 886 mense in die land het al die virus opgedoen, waarvan 2 814 076 reeds herstel het.

Volgens die departement van gesondheid is 49 179 mense Saterdag teen die virus ingeënt.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

49 Kommentare

jongste oudste gewildste
casper

Wel ja — As jy nie toets nie is daar nie nuwe gevalle nie ne !!

Jackie

As my somme my nie in die steek laat nie is 300 minder as 375 wat die gemiddelde oor laaste 7 dae is.

Blomme

Hoe geloofwaardig is dié statistieke? Die regering is uitstekend in manipelering!!

Mariana

Kan mens die statistieke glo? Ek vertrou geen statistieke wat deur die regering saamgestel is nie.

Johann

GLO DIT NIE! Dis dieselfde onbevoegde onbekwame KADERS wat nie n IDEE van numeriese nog minder statistiese WERLIKHEID of WAARHEID nie.