Covid-19-statistieke: Minder nuwe infeksies

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Saterdagaand altesaam 2 757 191 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 10 173 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 274 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 81 461 te staan bring.

Altesaam 2 519 781 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 155 949 aktiewe gevalle van Covid-19.

Altesaam 56 209 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 22 118 (39%) in die private sektor en 34 091 (61%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is weer in KwaZulu-Natal (30%), gevolg deur die Wes-Kaap (23%), die Oos-Kaap (16%), Gauteng (8%), die Vrystaat (7%), Mpumalanga (6%), Noord-Kaap (5%), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • KwaZulu-Natal: 3 017
  • Wes-Kaap: 2 320
  • Oos-Kaap: 1 623
  • Gauteng: 806
  • Vrystaat: 750
  • Mpumalanga: 596
  • Noord-Kaap: 468
  • Noordwes: 366
  • Limpopo: 227

Die departement het aangedui dat altesaam 11 993 615 mense teen Saterdagaand reeds teen Covid-19 ingeënt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.