Covid-19-statistieke: Minder toets positief

(Foto: Insung Yoon/Unsplash)

ʼn Bykomende 8 170 mense het positief vir Covid-19 getoets, heelwat minder as die tussen 10 000 en 13 000 nuwe gevalle wat die afgelope sowat twee weke daagliks aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand gesê die getal bevestigde Covid-19-gevalle in Suid-Afrika staan in hierdie stadium op 381 798.

Altesaam 195 nuwe Covid-19-sterftes is bevestig en tot dusver het 5 386 mense in Suid-Afrika weens die virus gesterf.

Die herstelkoers is in hierdie stadium 54% met 208 144 mense wat reeds herstel het.

Gauteng het tans 36,5% van die gevalle in die land, die Wes-Kaap, 22,6%, die Oos-Kaap 17,5% en KwaZulu-Natal 12,5%.

Meer as 2,5 miljoen (2 536 921) toetse is al vir die virus gedoen, meer as 30 000 daarvan sedert die vorige daaglikse bywerking. Die toetse wat gedoen word, word in hierdie stadium eweredig tussen die staat- en private sektor verdeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

wim ·

Dankie Maroelamedia, jul is die enigste aanlyn nuusblad wat enige indikasie gee dat julle agterkom dat die groei besig is om af te neem.

‘n Sekere (nie so) onafhanklike aanlyn rapporteer vanoggend hoe dit gestyg het sedert Maart om die paniek aan die lewe te probeer hou.

Hul hoofopskrif gister (toe dit ook laer as die vorige paar dae was) was “meer as 9300 nuwe gevalle geraporteer. (Dit was presies 9300).

Coenraad ·

Al hoekom dit na minder lyk is omdat daar minder toetse gedoen was. Dit is nie waar dat dit afneem nie, Gaan kyk na die grafiek en besluit self. Daar was net oor die 30 000 toetse gedoen teenoor tussen 40 000 en 50 000 van laas week. Hoe minder toetse hoe laer lyk die getal gevalle.

mattk ·

Soms wonder ‘n mens wie jy kan glo…. word die regte syfers wel deurgegee of word dit aangepas om SA goed te laat lyk sodat ons meer geld kan leen by die buiteland. Luister maar net na die nuus op ander media oor hoe veldhospitale opgerig word en hoeveel ekstra beddens in hospitale benodig word om siekes (virseker nie Coverd gevalle nie) te kan akkomodeer. Wie moet mens werklik glo? Ek neem die inligting wat deur die regering deurgegee word met ‘n skopgraaf sout!!!!!

Simon ·

Die groei neem af want die toetsing neem af. China kan nie toets-stelle voorsien nie want hulle erge waterprobleme en Hong-Kong is vir eers prioriteit.

Gilla ·

Dit sal outomaties afneem, want die laaste 2 dae is net 31 275 en 33 899 getoets. Voor dit het dit meestal gewissel tussen 40 000 – 50 000 die laaste ruk…dus meer positiewe gevalle en ‘n voertuig met toetsmonsters is ook gekaap…

Johannes Andries ·

Hier in ons omgewing word gese dat mense nou nie meer getoets kan word nie. Jy moet eers erge simptome he. Miskien moet gekyk word na die hoeveelheid van toets wat daagliks gedoen word, voor daar beweer kan word dat die getalle van mense wat geinfekteer is afneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.