Covid-19-statistieke: Minste nuwe gevalle sedert Desember

‘n Gesondheidswerker maak gereed om ‘n vrou in Parkview, Johannesburg, vir Covid-19 te toets. (Foto: Luca Sola/AFP)

Suid-Afrika het Saterdag die minste nuwe Covid-19-gevalle aangeteken sedert 14 Desember, toe die tweede golf van die pandemie begin momentum kry het.

Volgens statistieke wat die departement van gesondheid Saterdagaand bekendgemaak het, het Suid-Afrika gister 5 297 nuwe gevalle van Covid-19 aangemeld. Altesaam 318 nuwe sterftes is aangemeld, die meeste hiervan in KwaZulu-Natal (115), gevolg deur die Oos-Kaap (85) en Gauteng (53). In die Wes-Kaap is 44 sterftes aangeteken, in Mpumalanga 15, in Noordwes ses en in die Noord-Kaap drie.

Altesaam 43 951 mense het reeds sedert Maart verlede jaar in Suid-Afrika weens Covid-19 omgekom. Dit is steeds ʼn sterftekoers van slegs 3%, teenoor die huidige herstelkoers van 89%. Die getal aktiewe gevalle in Suid-Afrika neem ook steeds af en het Saterdag op 112 364 gestaan. Die provinsies met die meeste aktiewe gevalle is steeds KwaZulu-Natal (47 306), die Wes-Kaap (16 456) en Gauteng (12 509).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jaco ·

So kan die strande nou maar weer oop, of moet al die wit toeristebesighede aan die kus eers heeltemal bankrot wees? Ek wonder net of ramaphosa weet dat, selfs al gee jy ‘n klaar toegeruste gastehuis by die kus vir ‘n 100% BEE besigheid, gaan daardie besigheid OOK krepeer as die strande toe bly.

Lorette ·

Maroela Media, Maart vanjaar het nog nie gekom nie, moet wees Maart verlede jaar. Dankie

Elaine Krige ·

Baie dankie vir jou skerp oog Lorette. Ons het dit gewysig. Groete.

Fritz ·

So dis Elaine wat vandag reguit kommentaar verwyder wat andersins aan al die vereistes voldoen……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.