Covid-19-statistieke: Net 146 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Net 146 nuwe gevalle van Covid-19 is sedert die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) se vorige daaglikse verslag daaroor aangemeld.

Dit bring die algehele getal positiewe gevalle sedert die uitbreking op 2 919 778 te staan. Altesame 2 811 928 mense het reeds van die virus herstel.

Die gemiddelde getal gevalle vir Maandag (146) is laer as ʼn dag tevore (300) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (425).

Daar is tans 18 916 aktiewe gevalle landwyd en die sterftesyfer staan op 88 934 nadat nog nege sterftes bevestig is.

Net 14 477 toetse vir Covid-19 is sedert die vorige verslag gedoen. Die positiwiteitskoers staan in hierdie stadium op 1%.

Nog 24 mense is in hospitale opgeneem en 4 194 mense word tans landwyd in private en staatshospitale vir Covid-19 behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (30%), gevolg deur KwaZulu-Natal (26%), die Wes-Kaap (16%), die Noord-Kaap (8%), die Oos-Kaap en Noordwes (5% elk), Mpumalanga (4%), die Vrystaat (3%) en Limpopo (2%).

Volgens die departement van gesondheid is 180 166 dosisse entstof Maandag toegedien en meer as 21,5 miljoen dosisse is al in die geheel toegedien. Nog 141 552 mense is nou ten volle ingeënt.

Altesame 11 721 kinders tussen 12 en 17 jaar oud is ook reeds teen Covid-19 ingeënt. Kinders in hierdie ouderdomsgroep kon van Woensdag ingeënt word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Willem ·

Ons sal hierdie ding verslaan. Dit gaan tyd neem maar as almal saamwerk sal ons wen. Pokke en ander siektes het duisende jare geneem om te oorwin maar die mensdom het dit reggekry. Ons sal Covid ook onderkry.

Cherokee ·

Dit is ‘n beperkte tyd gegee om amok te saai. Middel 2023 sal dit verdwyn. Soos in weg wees. Dit is hoe ek dink.

Thom ·

Baie moontlik ; daar sal duisende sonder maskers rondbeweeg en veilige afstande sal nie gehandhaaf word nie , so jou voorspelling kan baie moontlik reg wees .

Danie ·

Karen, ek hoop dat jy groot genoeg sal wees om te erken as jy verkeerd is, maar ek glo nie. Dis mos baie makliker om negatief te wees. Ek verstaan nie wat dit sal kos om net te se “dankie tog, dink net aan soveel minder mense wat moontlik doodgaan.” Komaan mense, om positief te wees kos niks nie.

Vonkprop ·

Ek is positief, want ek dien ‘n lewende God, maar het jy dalk vergeet wie ons regering is? Hulle is juis nie goed met syfers nie.

Johann ·

Nog nooit rerig in die numeriese OF statistiese vermoë van die huidige RSA se “people” geglo nie…en dit raak al hoe moeliker om dit te doen.

Papsak ·

Karen stem met jou saam na die stemmery kyk mooi is vierde golf hier en dan klim die syfertjies weer ag hoe oulik is die game maar ek gelukkig n groot mens kan verder dink

Thom ·

Ek kan sien hoe kan jy ” dink ” ___ ” die begin van die tweede golf !”

Spook ·

Soos ek dit het, dan is slegs 0.15% van die totale bevolking van die RSA dood van die virus.
Daar gaan meer as 88 000 mense elke jaar weens tering dood in die RSA, en ook meer as 88 000 gaan dood weens diabetis. As ek dit nie mis het nie, is daar 135 000 dood weens diabetis slegs in 2019.
Waaroor was die totale opgeblaaste en uit verband gerukte krisis dus nou weer?

Anel ·

Nou wonder ek, die % wat hulle gee van siek mense, is dit nou van die wat getoets word waarvan sê 30% positief is? As dit so is, kan ek nie sien wat die probleem is nie. Dan is dit mos nie ‘n pandemie nie! Meer mense sterf dan jaarliks aan TB en diabetes en ander siektes. En wat eord daaraan gedoen? Daar is oor die naweek meer mense vermoor en in motorongelukke dood as aan die sogenaamde virus. En wat word daaraan gedoen? En ek is seker daar gaanmeer mense dood van honger wat direk die ooraak van die virus is en nie aan virus self nie! Hoe lank wil die gekheid aangaan? Daar is alreeds sprake van die 4de vlaag wat op 2 Des. begin en dat die virus sal aanhou tot 2025 en die lot wat gespuit is tot 8 boosters sal moet kry. Gelukkig het ek natuurlike imuniteit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.