Covid-19-statistieke: Net 210 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Net 210 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld, byna die helfte minder as ʼn dag tevore. Altesame 2 916 803 gevalle is sedert die uitbreking van die pandemie in Suid-Afrika bevestig.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die positiwiteitskoers staan in hierdie stadium op 1,4% en 2 805 566 mense het reeds van die virus herstel.

ʼn Verdere sewe sterftes is bevestig wat die totaal op 88 619 te staan bring.

In hierdie stadium is daar 22 618 aktiewe gevalle van die virus en net meer as 15 000 toetse is sedert die vorige verslag gedoen.

Tans is die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (37%), gevolg deur KwaZulu-Natal (19%), die Wes-Kaap (16%), die Vrystaat (7%), Noordwes (6%), die Oos-Kaap en Mpumalanga (5% elk) en Limpopo en die Noord-Kaap (2% elk).

Nog 24 mense is in die 24 uur voor die verslag in hospitale opgeneem en net minder as vyf duisend mense landwyd word in hierdie stadium vir Covid-19 in hospitale behandel.

Altesame 167 928 dosisse entstof is Maandag toegedien en vorm deel van die 20,3 miljoen dosisse wat tot dusver toegedien is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Dirk Mostert ·

Aan die statistieke lyk dit of die “pandemie” homself uitgewoed het en behoort die inperkings heeltemal beeindig te word. Ek verwag egter dat die grafieke na die munisipale verkiesings weer gaan opswaai. Dit sal ‘n onteenseglike bewys van regeringsmanipulasie wees.

VaalDonkie ·

Ek sal ook graag wou sien wat gebeur nadat die hele Engeland hier kom vakansie hou het oor Desember.

Anoniem ·

Manipuleer die regering die res van die wêreld se getalle ook?

MakersMark ·

Genuine, soos die afgelope 3 golwe was met oorvol hospitale en honderde duisende siek ? Hoeveel dink jy betaal die regering die “akteurs” per dag om in ICU op ‘n ventilator of hoë nasale vloei suurstof te lê ? Of is die snert wat jy kwytraak maar net om ook iets te sê ?

Francois Le Cochon ·

Dirk, tans is die siening dat indien daar geen nuwe covid gevalle binne 14 dae is nie, die pandemie as onder beheer beskou kan word. Die wereld is nog baie ver daarvan.

Thom ·

Jy is natuurlik nie een van die sonderlinge mense wat erken as hy verkeerd is nie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.