Covid-19-statistieke: Net 7% toets positief

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Net 7% van mense wat Saterdag vir Covid-19 getoets is, het positief getoets. Die koers waarteen mense vir die virus positief toets, het dus die afgelope week verder gedaal, met ʼn weeklikse gemiddeld van 7,7%.

Daar is 2 320 nuwe Covid-19-gevalle en ses nuwe sterftes as gevolg van die virus is aangeteken. Net 29 mense is Saterdag met Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Die meeste nuwe gevalle is weer eens in Gauteng (859) aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (458) en KwaZulu-Natal (341). Die minste nuwe gevalle is in die Noord-Kaap (33) aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle
Oos-Kaap77
Vrystaat129
Gauteng859
KwaZulu-Natal341
Limpopo71
Mpumalanga172
Noordwes182
Noord-Kaap33
Wes-Kaap458

Die getal inentings wat daagliks toegedien word, daal steeds. Saterdag is 22 935 mense teen die virus ingeënt.

Momentum het Saterdag sy lede in kennis gestel dat dié instelling sy inentingsentrums reg oor die land gaan sluit weens die lae aanvraag na inentings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.