Covid-19-statistieke: Net meer as 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 1 094 nuwe gevalle van Covid-19 is aangemeld, wat die getal laboratoriumbevestigde gevalle landwyd op 3 642 905 te staan bring. Altesame 3 508 249 mense het reeds van die virus herstel, ʼn koers van 96,3%.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is daar 37 406 aktiewe gevalle landwyd. Net drie sterftes is in die 24 tot 48 uur voor die verslag aangemeld, hoewel altesame 254 vorige sterftes nou by die syfer bygewerk is. Die algehele sterftekoers staan op 97 250.

Nuwe gevalle daal steeds.

Die getal nuwe gevalle wat positief is, staan nou op 6,9%, laer as die 8,1% van ʼn dag tevore. Die sewedaggemiddeld is nou 8,2%, ook laer as die 8,3% van die vorige dag.

Maandag is 15 930 laboratoriumtoetse vir Covid-19 gedoen. Die meeste nuwe positiewe gevalle is steeds in Gauteng (44%), gevolg deur die Wes-Kaap (16%), KwaZulu-Natal (13%), Mpumalanga (10%), Noordwes (6%), die Vrystaat en Limpopo (4% elk), die Oos-Kaap (3%) en die Noord-Kaap (1%).

Tans word 3 967 mense met Covid-19 in hospitale behandel, nadat 44 mense sedert die vorige verslag met die virus opgeneem is.

Volgens die departement van gesondheid is 63 764 dosisse van die entstof Maandag toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Jan ·

Het Maroela media al die moeite gedoen om plaaslike en internasionale Covid statistiek te ontleed en te vergelyk met griep verwante sterftes in ander jare.
Daar is ń studie in SA gedoen 2009 tot 2013 waar 300 000 griep verwante sterftes in SA was. Dit is 60 000 per jaar. Heelwat minder as die ongeveer 50 000 per jaar sedert die sg uitbraak van die pandemie.
En dan weet ons dat baie sterftes met Covid, Covid nie te oorsaak van die sterfte was nie.

Selfs die internasionale sterfte syfers is werklik nie kommerwekkend nie.

Net die feit dat Covid statistiek nie per jaar aangdui word nie maar net kumuleer nou al vir twee jaar wel die indruk hulle wil dit erger laat Lyk as wat dit is.

Nee wat word wakker en word deel van die Freedom convoy

Anel ·

Jan, ek is so bly jy sê dit. As ek so iets sê dan vee MM dit uit. Ek stem saam met jou. En wonder wat se goeie refe kan die kopdoeg gee vir die verlenging? Die spul het skoon mal geword met hulle magsmisbruik. Dis tyd dat ons ook by die konvooi aansluit.!!!

MakersMark ·

Kyk braveheart as jy vry wil voel. Rapportering van enige pandemie het niks met vryheid uit te waai nie. Of mense volgens wie ookal se opinie vry is of nie daar is daaglikse infeksies en sterftes agv CV19. Waarom moet die publiek daaglikse nuus onteien word deur ‘n paar wat will vry voel ?

Jan ·

My versoek is vir objektiewe ondersoekende joernalistiek. As mense nie kan sien dat enige kritiese vrae oor die hoofstroom narratief dadelik gesensor word nie en afwykendes gekanselleer word nie het ek min hoop vir hulle.
Gesonde vrylike uitruil van gedagtes en debat is een van die hoekstene van ń vrye gemeenskap.

Thom ·

Help ons uit aub ; wie is die ” hulle ” ? En is teenstelling met wat jy kwytraak is verantwoordelike medici van mening dat die werklike Covid-verwante sterftes driekeer hoër is as dit wat gerapporteer is .

Jan ·

Hulle is almal WGO, regerings en hoofstroom media wat mense so bang gepraat het dat hulle basiese vryheid sommer so prys gegee het.

Dis my mening ·

Hul sal dit nie doen nie want hul is deel van main stream media

VaalDonkie ·

Ek wil graag ook so een of twee goed weet. Bv.

1. Wanneer hou hierdie sterfte-oudit op? en
2. Waarom is dit altyd rondom 200 sterftes wat hulle “vind”?

Witbaard ·

Volgens hierdie statistieke is daar 5 mense uit 60 miljoen mense die afgelope 2 dae dood weens covid. Nou vra ek. WAAROM DIE RAMPTOESTAND VERLENG?????? Regering se redes is pateties.

Nommer 7 ·

Witbaard, lees weer, 3 sterftes AANGEMELD. Onaangemelde sterftes “die afgelope 2 dae” sal in die statistiek reflekteer sodra dit aangemeld word, selfs al is dit oor twee weke. Statistiek is nie optel en aftrek nie.

Marius ·

Wat ‘n klomp duimsuigery, maar die ramptoestand word verleng om die klugspul te ondersteun.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.