Covid-19-statistieke: Net meer as 1 100 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het altesame 1 187 nuwe gevalle van Covid-19, nadat minder as ʼn duisend gevalle die vorige dag in die land bevestig is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê die algehele infeksiesyfer staan nou op 1 586 148.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 54 511, nadat nog 59 sterftes bevestig is. Hiervan was sewe in die Oos-Kaap, drie in die Vrystaat, 21 in Gauteng, vier in KwaZulu-Natal, 20 in Limpopo, een in die Noord-Kaap en drie in die Wes-Kaap. Geen sterftes is in Mpumalanga of Noordwes bevestig nie.

Die herstelkoers bly op 95% en tot dusver het 1 509 656 mense van die virus herstel.

Aktiewe gevalle is net-net hoër as tydens die vorige dag se bywerking en staan nou op 21 981.

Altesame 24 040 toetse is in die voorafgaande 24 uur vir Covid-19 gedoen.

In hierdie stadium is 339 655 gesondheidswerkers teen die virus ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

SomeOne ·

indien ‘n mens kyk na die grafiek vir “nuwe toetse gedoen per dag”, is dit vestommend dat dit nie ‘n egalige, meer gelyk, grafiek is nie, behalwe vir die afdag wat sekerlik ‘n sondag sal wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.