Covid-19-statistieke: Net meer as 1 500 nuwe gevalle

(Foto: Brian Inganga/AP)

Suid-Afrika het reeds meer as 610 000 bevestigde Covid-19-gevalle aangemeld.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Maandagaand bevestig dat 611 450 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is. Altesaam 1 677 nuwe gevalle is in die vorige toetssiklus aangemeld.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 13 159. Tot dusver het 516 494 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 82%.

Suid-Afrika het tot dusver 3 564 065 toetse vir Covid-19 gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevalle
Oos-Kaap85 240
Vrystaat35 367
Gauteng206 525
KwaZulu-Natal110 102
Limpopo12 643
Mpumalanga23 163
Noordwes24 371
Noord-Kaap9 322
Wes-Kaap104 667
Onbekend50
Totaal611 450

Sterftes en mense wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap2 80080 614
Vrystaat56720 678
Gauteng3 280174 248
KwaZulu-Natal1 96221 049
Limpopo17910 661
Mpumalanga29623 163
Noordwes22417 008
Noord-Kaap1066 106
Wes-Kaap3 74593 788
Totaal13 159516 494

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marius ·

Nog steeds meer as die totale helfte van afrika . As dit die waarheid is , dan het die land ‘n probleem . as dit nie die waarheid is nie dan is die res van afrika en die wgo ‘n spul leuenaars , nie so nie dok tor ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.