Covid-19-statistieke: Net meer as 100 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Altesame 106 nuwe Covid-19-gevalle is in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) is 2 922 222 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld en is die jongste positiwiteitskoers 0,8%.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (21%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (19%) en die Wes-Kaap (18%). Die algehele aktiewe gevalle is 18 632.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 89 179 nadat nog twee sterftes aangemeld is. Tot dusver het 2 814 411 mense reeds van die virus herstel, ʼn herstelkoers van 96,3%.

Suid-Afrika het tot dusver 18 558 387 toetse vir Covid-19 gedoen, 13 507 sedert die vorige verslag.

Volgens Nios was daar in die afgelope 24 uur vyf hospitaalopnames. Daar is tans altesame 3 838 mense wat in hospitale vir Covid-19 behandel word.

Meer as 22,4 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieNuwe gevalleAktiewe gevalle
Oos-Kaap10252
Vrystaat162 892
Gauteng22490
KwaZulu-Natal205 607
Limpopo11 099
Mpumalanga5277
Noordwes7793
Noord-Kaap61 632
Wes-Kaap195 598
Totaal10618 632

Sterftes en gevalle wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstel
Oos-Kaap15 147276 974
Vrystaat6 997153 591
Gauteng19 603899 506
KwaZulu-Natal14 755495 285
Limpopo4 056117 117
Mpumalanga2 004149 728
Noordwes4 209145 647
Noord-Kaap2 26588 607
Wes-Kaap20 143487 956
Totaal89 1792 814 411

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johan ·

Dit is darem vreeslik snaaks dat die aktiewe gevalle nou vashaak op 18000.

Dirk Mostert ·

Slegs 3,838 van die “aktiewe gevalle” is in die hospital. die res het bloot positief getoets (vir wat die toets werd is) en bly “aktief” totdat hulle negatief toets. Elke positiewe toets van dieselfde persoon tel waarskynlik as nog ‘n geval.

Saartjievandiebosveld ·

Limpopo het vir ‘n paar dae geen positiewe Covid gevalle gehad nie. Wonder waar kom die 1 wat nou positief is vandaan. .

Jo ·

Hoekom is ons nog op vlak 2 van die inperking? Daar is niks onder daardie kopdoek!

Dirk Mostert ·

As die jongste statistiek korrek is, is die “pandemie” verby en behoort die ramptoestand beeindig te word. Dit sal egter nie gebeur nie weens gevestigde belange. Hiervandaan kan ‘n styging in gevalle verwag word in aanloop tot die jaarlikse Desember-vlaag (en dit vir ‘n winter-gebonde siekte), om die Kaapse strande toe te maak.

Thom ·

Jou gewone twak ___ ek hou van weddenskappe wat ek nie kan verloor nie ; wat van ‘n miljoen Rand dat die Kaapse strande NIE gaan toemaak nie ?

Samuel ·

Waarom nog enigsins enige inperkingsmaatreëls indien dit so goed gaan? Na hierdie superverspreider naweek sal die syfers weer verander.

Papsak ·

Ag ek moeg siek en sat vir die hol gerugte ry ou covid storie wens dit wil net verdwyn

Pyl ·

Sien Engeland het tans 50000 nuwe gevalle daagliks. 50 miljoen mense is al daar ingeënt. Suid Afrika is nie eens ‘n kwart van die bevolking ingeënt. Dis duidelik dat die inenting nie die virus gaan stop nie. Israel het ‘n studie gemaak en bevind dat natuurlike immuniteit 13 keer meer doeltreffend is as enige inenting. Dus gaan ek steeds nie inent nie. Ek het die virus reeds gehad. Stop die vrees mense.

Andre ·

Seker omdat die geleerde op die radio antwoord “Oor die sogenaamde natuurlike immuniteit”!

piet ·

Engeland doen 1 miljoen toetse per dag. Nou hoekom ent Israel dan nog in, om die waarheid te se hulle verskerp hulle inentingsprogram? Hulle het ook bevind dat natuurlike immuniteit + minstens een inenting nog groter beskerming gee (hulle het bevind dat mense wat reeds die virus gehad het maar nie gevaksineer is nie, 2 X groter kans het om weer geinfekteer te word as die wat die virus gehad het EN ingeent is). Inenting verlaag jou risiko om ernstig siek te word en dood te gaan. So minstens vir mense wat nog nie die virus gehad het nie, is dit steeds by verre die beste opsie om in te ent.

piet ·

Inentings “boost” jou immuniteit dis ‘n feit soos ‘n koei, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie.

Josua ·

Hoeveel van die gevalle wat aangeteken is kan werklik gekoppel word aan Covid want die toetse wat daarvoor gebruik word is groot en deels bewys gewees dit gee vals positiewe lesings en is ‘n groot klug. My opinie is dat die eers verbande alternatiewe medikasie n groot sukses in SA behaal het want as jy mense daaroor uitvra het amper almal dit gebruik of begin gebruik, nie eens n derde van SA se populasie is ingespuit nie so wat het 75% van ons reg gedoen wat die gevalle skielik afgebring het? Geen statistiek is ook bekend gestel van mense wat wel Covig gehad het wat na die tyd gespuit was wat die sukses daarvan uitskakel want hulle het reeds natuurlike teenliggaampies gehad. So die 106 positiewe gevalle mag dalk slegs 2 gevalle wees afhangende van die tipe toets wat gedoen was.

piet ·

Jy’s bewus daarvan dat Covid in fases voorkom ne? Ons het reeds 3 golwe gehad, ons is tans in die afplattingsfase. Byvoorbeeld, ek kan goed onthou dat in vorige fases die piek meer as 70000 positiewe gevalle per dag was en dan plat dit af tot minder as 2000 per dag tussen fases. So hierdie afplatting na die 3de golf is nie uniek nie. Dat dit nou besonder min is kan dalk ‘n aanduiding wees van die effektiwiteit van inentings wat begin inskop? Die Delta-variant wat so verwoesting gesaai het oorsee blyk nie so prominent hier by ons te wees nie en dus kan die vaksienes wat voor die uitbreek van die variante vervaardig is dalk nog meer effektief hier by ons wees (veral ook ten opsigte van die risiko dat jy kan aansteek).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.