Covid-19-statistieke: Net meer as 12 000 nuwe infeksies

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 12 045 pasiënte het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê in sy jongste verslag die aantal nuwe infeksies is laer as die dag tevore (12 771), maar hoër as die gemiddelde aantal nuwe gevalle per dag gedurende die sewe voorafgaande dae (11 436).

Die jongste toename in Covid-19-gevalle verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 19% terwyl nog 361 pasiënte weens die virus gesterf het.

Die land se dodetal staan nou op 81 187 met minstens 2 747 018 mense in Suid-Afrika wat reeds Covid-19 opgedoen het.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (32%) en die Wes-Kaap (21%). Die provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap (15%), Gauteng (9%), die Vrystaat (7%), Mpumalanga en die Noord-Kaap (5% elk), Noordwes (4%) en Limpopo (2%).

Daar is tans meer as 167 000 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 2 498 429 mense van die virus herstel.

ProvinsieNuwe gevalle op 27 Augustus 2021Totale gevalle tot en met 27 Augustus 2021
Oos-Kaap1 766263 534
Vrystaat876146 163
Gauteng1 121903 178
KwaZulu-Natal3 905470 999
Limpopo199119 354
Mpumalanga569142 973
Noordwes487142 136
Noord-Kaap56979 615
Wes-Kaap2 553479 066
Totaal12 0452 747 018

Nog 548 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem. Dit beteken 13 477 mense word tans vir Covid-19 in hospitale landwyd behandel.

Altesame 258 268 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Meer as 11 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jaco ·

Ek kan KZN se hoë syfer verstaan, want daar was “super-verspreiding” van Corona omdat duisende mense sonder maskers winkelsentrums geplunder het, wat ek egter nie verstaan nie is:
1. Hoekom is Gauteng se syfer so laag? Daar was dan ook plundering en “super-verspreiding” van Corona.
2. Hoekom is die Wes-Kaap se syfer so hoog? Daar was dan GEEN onluste en plundering nie.

My voorspelling: infeksies gaan styg en daal maar meer daal totdat SA op vlak 1 van inperking is. Dan hou ons munisipale verkiesing in Oktober. Daarna sal vlak 1 inperking tot einde Nov aanhou. EN DAN, op die 1ste Des., gaan die ANC-regering ‘n nuwe verwoestende 4de golf Corona uitdink, vlak 4 van inperking instel en ALLE strande sluit. WEG is wit mense se tradisionele “vakansie by die see” en WEG is wit toeristebesighede se beste inkomste van die jaar. Net 10% van dié anti-wit ANC-regering se maatreëls teen Corona is regtig teen Corona. Die ander 90% is net gemik teen wit mense. Ek hét bewyse vir my stelling.

Francois Le Cochon ·

Jaco, die ” Flat Earth Society” het ook bewyse dat die aarde plat is.

Kobus ·

Jy is reg Jaco, die hele wereldplan met COVID is net om te voorkom dat JY op Des.1, nie met jou branderplank op die wit traditionele strande Sal kan gaan nie.

Sluier ·

My personal theory and opinion. Yes, the GENETIC MUTATED SUBJECTS will be-manufacturing and will be-poisoning the rest of the world with all kinds of new variants for another few years to come. There is nothing we can do about it.

Esme ·

Ek lees daagliks die Covid 19 Statistieke en die een vraag wat ek al menige maal gevra het, bly nog onbeantwoord. Miskien moet ek dit puntsgewys stel en miskien sal my vraag dan beantwoord word.
1. Hoeveel gevaksineerde gevalle van die Covid 19 gevalle is binne 24 uur aangemeld?
2. Hoeveel ongevaksineerde gevalle van die Covid 19 gevalle is binne 24 uur aangemeld?
3. Hoeveel gevaksineerde sterftes van Covid 19 is binne 24 uur aangemeld?
4. Hoeveel ongevaksineerde sterftes van Covid 19 is binne 24 uur aangemeld?
In ‘n ander artikel is berig dat die nuut verkose Minister van Gesondheid genoem het, dat ‘n sekere groep van die samelewing hom moontlik gaan verplig om vaksinering verpligtend te maak, maar daar is nie voorsiening gemaak vir kommentaar nie.
Is daar ‘n rede daarvoor of is die publiek en Maroela ondersteuners en lesers se menings nie van belang nie?

Thom ·

Ek gaan net 3 en 4 vir jou antwoord ; 3 ) Geen . 4 ) 100 % van die sterftes

Zandra ·

Ag honderde van die sterftes is na die inenting…maar daaroor word daar geswyg…daai statistieke lieg nes die anc kan lieg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.