Covid-19-statistieke: Net meer as 12 500 nuwe gevalle

(Foto: Unsplash)

Nog 12 513 pasiënte het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19. Heelwat minder nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope twee dae aangemeld vergeleke met die hoë syfers wat verlede week gekenmerk het.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê wel die jongste toename in gevalle verteenwoordig ʼn effense hoër positiwiteitskoers (31,6%) as dié in die vorige verslag (30,2%).

Dit beteken nagenoeg een uit elke drie Covid-19-toetse kom in dié stadium positief terug.

Nog 331 sterftes is intussen aangemeld. Dít bring die land se dodetal op 62 171 te staan terwyl minstens 2 075 409 mense in Suid-Afrika nou reeds Covid-19 opgedoen het.

Daar is tans 185 417 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het 1 827 821 mense van die virus herstel. Dít dui op ’n herstelkoers van 88,1%.

SektorToetse gedoen Nuwe toetse 
Privaat7 607 73656%19 45349%
Staat5 881 83444%20 10351%
Totaal13 489 570 39 556 

Gauteng is steeds verantwoordelik vir die meeste nuwe gevalle (60%) gevolg deur die Wes-Kaap (10%).

Sowat 7% van nuwe gevalle is in Limpopo aangemeld gevolg deur KwaZulu-Natal (6%). Noordwes en Mpumalanga het albei 5% van nuwe gevalle aangeteken terwyl die Oos-Kaap en Vrystaat in dié stadium onderskeidelik 3% en 2% van nuwe gevalle uitmaak. Die Noord-Kaap is verantwoordelik vir 1% van nuwe gevalle aangemeld.

ProvinsieNuwe gevalle op 5 Julie 2021Totale gevalle tot en met 5 Julie 2021
Oos-Kaap399209 861
Vrystaat295116 994
Gauteng7 543709 628
KwaZulu-Natal702360 866
Limpopo86682 785
Mpumalanga63699 664
Noordwes651101 736
Noord-Kaap16060 333
Wes-Kaap1 261333 542
Totaal12 5132 075 409

Nog 566 Covid-19-pasiënte is intussen in ’n hospitaal in Suid-Afrika opgeneem.

SektorAantal fasiliteiteOpnames tot dusverSterftes tot dusver in fasiliteiteTans opgeneem
Privaat257150 71625 3839 052
Staat402163 23938 6295 313
Totaal659313 95564 01214 365

Altesame 137 367 inentings is die afgelope 24 uur gedoen. Meer as 3,4 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Thom ·

Ek het gister die eerste werklike wetenskaplike evaluering van Ivermectien gesien ___ vir die wat belangstel ; geen voordeel is te vinde uit die gebruik daarvan nie , soos ons gewaarsku het
Iets het egter uitgekom wat NIE verwag was nie ; die gebruik van Ivermektien verhoog die kanse op asemhalingsineenstorting en gevolglike plasings op ventilators .

Johan ·

Toemaar Thom julle gaan nog lank skep uit die paniek wat jul gesaai het…dit werk verseker, net nog n rede hoekom ek nooit weer n dokter sal vertrou nie.

MakersMark ·

So meer as 180 m wêreldwye bevestigde infeksies en oor die 4 m dood is “paniek wat Dr’s gesaai het” ? Jy weet die pous wou in die 1300’s vir Copernicus laat verbrand toe hy gesê het die aarde draai om die son, nie andersom nie. Maar vir die domastrantes is daar nog altyd die “earth is flat” society om by aan te sluit. Van ‘n mediese oogpunt af kan mens jou altyd op die dienste van ‘n sangoma beroep as moderne mediese wetenskap ‘n persoon bietjie paniekerig maak. Dit is baie traditional en glad nie so rewolusionêr soos inentings, sosiale afstandhouding en dra van maskers nie.

Petrus Albertus ·

Met ‘n wêreld bevolking van 7.9 miljard mense is 4 miljoen sterftes negeerbaar. Die vraag is eerder hoe gaan ons nou al die honger mense kosgee na die inperkings.

MakersMark ·

So JY neem jou die reg voor om te sê 4m dood is ok……honger kan more gevoed word. Dooies word nie lewendig nie en gebroke harte nie heel nie. “Hongeres” is die argument van almal wat nou minder geld maak.

Petrus Albertus ·

Nee, die punt is dat die hele reaksie totaal oordrewe is. Daar sterf 150 000 mense per dag, elke dag, aan elke denkbare oorsaak onder die son – so gaan maak nou die som en kyk aan wat anders is nog 4 miljoen mense dood. Ek is baie bly vir jou part as jy die luukse het om op die oomblik bokant die ekonomie verhewe te wees, maar ongelukkig is dit ‘n werklikheid wat ons ALMAL, ongeag of jy COVID-19 het of gehad het of nog gaan kry, dramaties gaan affekteer.

MakersMark ·

Die reaksie is nie oordrewe nie. Volgens wie se reëls is dit oordrewe ? Die impak van weghol infeksies is beduidend erger op die samelewing en mediese instansies as die 150k wat elke dag doodgaan. Ek het nie gesê ek is bo die ekonomie verhewe nie. Maar om agter “honger” te skuil terwyl ander ‘n geveg met die dood het is nie eties nie. Soos ek gesê het, hongeres kan gevoed word dooies is weg vir ewig.

Danie ·

Johan, dan glo ek dat jy nie weer enige mediese hulp vir jou of jou naasbestaandes sal soek as jul ernstig siek raak nie. O ja, ek glo dit geld ook vir die volgende hoofpyn pille wat jy nie sal neem aangesien dit ook deur dokters gemaak was. Wees net versigtig om nie van die aarde af te val as jy te naby aan die plat kant loop nie.

Francois Le Cochon ·

Johan, glo jy wetenskaplikes wat se^ dat lemoene vitamien C bevat, of het jy jou eie isotopiese toetse gedoen?

Carina ·

Thom, ek was in ICU met 25% kans om lewendig daar uit te stap volgens die Dr. Ek het skelm Ivermectin in die hosp gebruik, en binne 8dae is ek daar uit na ‘n gewone saal. Nog steeds skelm Ivermectin gebruik, en binne nog 7 dae is ek huis toe. Die dokter het my reguit gesê dis ‘n wonderwerk, want volgens hom en die toestand wat ek in was, sou ek ten minste ‘n maand of meer in ICU moes bly. So glo wat jy wil, ek en baie van my vriende weet dit werk beslis.

Francois Le Cochon ·

Carina, dit is wetenskaplik onmoontlik dat ‘n parasietmiddel kan help teen covid. Netso is dit wetenskaplik onmoontlik dat alkaliese poeiers jou liggaam se se ph kan verander, tog glo baie mense dit en is alkaliese poeiers ‘n groot geldmaak foefie. Se^ vir jou vriende hulle moet eerder ‘n Prevnar 13 inspuiting kry, en sodoende hul longe lewenslank versterk.

piet ·

Interessant, sal dit moet dophou. Lyk asof die gebruik van veedip vir Covid fataal kan wees siende dat Covid reeds die asemhalingstelsel aantas en as die ding die situasie vererger, kan dit nag wees. Ek sou se die gebruik daarvan moet onmiddellik gestop word om verhoogde risiko te keer.

piet ·

Dis welbekend dat ivermektien gevaarlik is vir asmalyers want dit maak asma erger. So ek kan goed glo dat dit die asemhaningsprobleme kan vererger van Covid-pasiente wat reeds sukkel om asem te haal.

Leeuwyfie ·

Thom waar kry jy dit? Ek sien meeste studies wys dat ivermectin ‘n redelike kans het om c19 te voorkom en te behandel. Die kliniese toetse is maklik om te kry.
Vir diegene wat aanhou praat oor die vee dip, hier is die ander eienskappe van Ivermectin: “The antiparasitic ivermectin, has antiviral and anti-inflammatory properties.”
Dis hoekom dit getoets is op c19. Dis nie net uit ‘n hoed getrek nie. Dis juis gekies oor daar studies was voor c19 dat dit help teen coronavirusse(verkoues).
Daar is nog nie vaste sekerheid oor die effektiwiteit nie. Maar toetse word steeds gedoen.

piet ·

Leeuwyfie – dit het ook gevaarlike newe-effekte soos dat dit jou asemhalingstelsel kan aantas. Dit kan fataal wees vir Covid-pasiente wat suurstof nodig het. Ek het die skakel vir die newe-effekte hier gepos maar Maroela publiseer dit nie. Google dit maar.

Kerneels ·

Die toetse is in ‘n laboratorium gedoen. Dis waar, teen hoë dosisse maak Ivermectin Covid-19 dood. Maar sou jy as mens sulke hoë dosisse Ivermectin gebruik, sal die Ivermectin jou dood veroorsaak.

Leeuwyfie ·

Kerneels, dis op mense getoets sonder om die voorgeskrewe dosis te oorskry. Daar is nou nog meer toetse nadat dit voorgestel is vir c19. Voor 2020 is daar ook toetse gedoen op mense. Hierdie medikasie is nie van gister af nie.
Die newe-effekte is ongelooflik min in vergelyking met ander medikasies. Allergiese reaksies is skaars.
Soos met enige ander medikasie moet jy net nie oor-doseer.

piet ·

@Leeuwyfie – Die lys van moontlike newe-effekte (oordosering of nie) is so lank soos die pad van die Kaap tot Kairo. Ek sal nie naby daai goed kom vir menslike gebruik nie.

Thom ·

Lees onder wat ek geskryf het ___ ek weet nie of ek ‘n skakel hier mag plaas nie . My enigste kritiek teen die studie is dat die aantal respondente effe min was vir statistiese gewig . Die studie is in Argentinië gedoen met werklike gevalle .

Johan D ·

So jy sê die ander 50+ was nie wetenskaplik nie en nou val jy agteroor oor een program?

Thom ·

Weet jy wat ‘n ” double blind ” studie is ? Lees op en dan besluit jy watter studies om te glo . Vir mense soos Carina hierbo so Smarties ook gewerk het ___ dit is die sg placebo-effek en is by sommige mense geweldig sterk ; let wel , as dit werklik lewensbedreigend is sal dit nie help nie , net so min as wat ‘n nat swart katvel help vir longontsteking .

Purrkitty ·

People will use Ivermectin and believe it was Ivermectin that cured their covid-19, despite being prescribed other medications. Hospitalised patients who “smuggled ” Ivermectin into hospitals will still believe it was Ivermectin and NOT any of the proven medications/medical interventions that saved them. Thank goodness there are vaccines for Covid-19. Unfortunately no vaccines for stupidity.

koos10 ·

Gee nog so 7 dae dan kyk julle hoe KZN se getalle klim. Indien nie, dan is die regering se opinie op groot byeenkomste van mense ook onder die mat in!

Anoniem ·

Al hierdie gissings rondom die Covid 19 gaan my verstand te bowe. Na gelang van die landsburgers wat nie die inperking reëls gehoorsaam nie, is daar maar bittermin sterftes. Wonder maar net.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.