Covid-19-statistieke: Net meer as 15 000 aktiewe gevalle

koronavirus covid hospitaal

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Nog 1 888 bevestigde gevalle van die koronavirus is aangemeld wat ’n positiwiteitskoers van 6,4% verteenwoordig. Dié koers het onveranderd gebly sedert die vorige verslag.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê nou 3 718 953 gevalle is sedert die uitbreking van Covid-19 twee jaar gelede in Suid-Afrika aangemeld.

Die sterftesyfer weens Covid-19 het intussen op 100 032 te staan gekom nadat nog 12 sterftes aangemeld is, waarvan slegs een in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind het. Die departement van gesondheid het gesê weens ’n voortgesette oudit kan daar ’n agterstand wees in die aantal sterftes wat aangemeld is.

Nog 44 Covid-19-pasiënte is sedert Nios se vorige verslag in ’n hospitaal opgeneem. Altesame 1 926 pasiënte word tans vir Covid-19 in die hospitaal behandel.

Die meeste nuwe gevalle is in Gauteng (39%) aangemeld, gevolg deur KwaZulu-Natal (22%) en die Wes-Kaap (21%).

Daar is tans 15 100 aktiewe gevalle van Covid-19 in Suid-Afrika en tot dusver het meer as 3,6 miljoen mense van die virus herstel.

Meer as 33,7 miljoen inentings is tot dusver gedoen.

ProvinsieNuwe gevalle op 31 Maart 2022Totale gevalle tot en met 31 Maart 2022
Oos-Kaap67345 151
Vrystaat74202 374
Gauteng7271 209 234
KwaZulu-Natal406660 425
Limpopo63155 820
Mpumalanga65193 235
Noordwes60193 018
Noord-Kaap23108 915
Wes-Kaap403650 781
Totaal1 8883 718 953

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Manie ·

Ek reken dat hooikoors, sinusitis en al wat snuifskeet is hierby ingereken word.

VaalDonkie ·

Ja Manie. Ek weet in elk geval nie waarom Thom so opgewonde raak nie. Net 2000 van daai 15 000 het gevoel hulle moet hospitaal toe. En die groot meerderheid van hulle is nie eens vir COVID hospitaal toe nie, maar het terloops COVID gehad.

Mens hoef nie op hol te raak as iemand COVID opdoen en net effens lyfseer en ‘n hoesie het nie. Dis goed. Dit beteken die volgende een gaan nog ligter wees vir jou.

VaalDonkie ·

Kalmeer Thom. Daar is minder as 2000 mense MET covid in die hospitale. Dis 3 per hospitaal. Jy moet leer om kalm te bly.

Miskruier ·

As mense slim is hardloop hul nie met elke verkoue en griep dokter toe nie, en toets vir covid.

VaalDonkie ·

Ja Miskruier, veral noudat die minister wil he jy moet geforseer word om konsentrasiekamp toe te gaan as jy ‘n “aanmeldbare siekte” het. Ek vrek eerder in my eie gastekamer voordat ek my laaste dae in ‘n staatsinrigting moet deurbring.

Nommer 7 ·

Volgens die grafiek se trajek, is ons nou op ‘n laagtepunt, en blyk dit dat gevalle binnekort weer gaan styg. Wat die nuwe XE variant gaan maak sal net tyd leer. XE variant word as die mees gevaarlikse variant beskou.

VaalDonkie ·

Ja veral vir julle wat so aanmekaar “boost” met die 2 jaar oue wakse geskoei op die ou alfa-variant wat nie eens meer in omloop is nie.

VaalDonkie ·

“mees oordraagbare” en “gevaarlikste” is nie sinonieme nie

Marius ·

Dit is “bekotsenswaardig” om elke dag gekookte sratistieke van ‘n mens gemaakte virus te lees. Is daar nie iets meer nuuswaardig nie ?

Jr ·

Hier kom n opbou tot nog n “ramptoestand ” deur kopdoek. Hulle ry hierdie dooie perd nou baie hard

Alida ·

Wanneer word die Noordkaap se statistieke ‘n slaggie bygewerk? Hulle aktiewe gevalle word nie minder nie, hoewel hulle daagliks minder as 30 nuwe gevalle aanteken. Word niemand in die Noordkaap dan ooit gesond nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.