Covid-19-statistieke: Net meer as 16 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Sondagaand altesaam 2 195 599 bevestigde Covid-19-gevalle gehad met 16 302 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Nog 151 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 64 289 te staan bring.

Altesaam 1 922 601 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. Suid-Afrika het tans 208 709 aktiewe gevalle van Covid-19.

Die departement van gesondheid het aangedui dat altesaam 4 236 718 mense reeds teen Covid-19 ingeënt is.

Getal aktiewe gevalle per provinsie:

Gauteng: 91 022
Wes-Kaap: 27 857
Noordwes: 24 245
KwaZulu-Natal: 21 876
Vrystaat: 12 116
Limpopo: 11 549
Mpumalanga: 9 300
Oos-Kaap: 5 623
Noord-Kaap: 5 121



Deel van: SA-nuus

Koronanuusbrief

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Teken in op die nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

7 Kommentare

jongste oudste gewildste
melaney

Dit lyk my die ergste lê nog voor.

Lorna

SA skrik wakker die ding maak dood
Al is die vaccine n 50/50 kans en ek GLO IN ONSE VADER
sal ek hom nogsteeds var

Dirk Mostert

Die Gesondheidsraad is oneerlik om net selektiewe data te verskaf. Hoeveel van die gevalle is na entings? En hoeveel gevalle is sonder simptome, dus vals positief?