Covid-19-statistieke: Net meer as 18 000 aktiewe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Nog 339 nuwe gevalle van Covid-19 is landwyd aangemeld, wat die algehele syfer volgens die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) op 2 923 393 te staan bring.

Daar is tans 18 080 aktiewe gevalle landwyd en 2 816 018 mense het reeds van die virus herstel.

Die sterftesyfer staan in hierdie stadium op 89 295 nadat ʼn bykomende 44 sterftes aangemeld is.

Net meer as 30 000 toetse vir die koronavirus is sedert die vorige verslag gedoen en dit verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 1,1%.

In hierdie stadium is die meeste nuwe gevalle nou in Gauteng (26%), gevolg deur die Wes-Kaap (19%), KwaZulu-Natal (14%), die Vrystaat (13%), die Oos-Kaap, Mpumalanga en Noord-Kaap (7% elk) Noordwes (6%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Oos-Kaap: 23
  • Vrystaat: 44
  • Gauteng: 87
  • KwaZulu-Natal: 48
  • Limpopo: 5
  • Mpumalanga: 23
  • Noordwes: 21
  • Noord-Kaap: 24
  • Wes-Kaap: 64
  • Totaal: 339

Altesame 3 895 mense word tans in hospitale vir die siekte behandel en nog 41 mense is sedert die vorige verslag vir Covid-19 opgeneem.

Tot dusver is 23 101 617 dosisse van die entstof toegedien, 126 598 sedert ʼn dag gelede. Die departement van gesondheid sê net meer as 39% van die land se volwasse bevolking het reeds ʼn dosis van die entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

wendy ·

Waar kom al die gevalle nou gaan dit weer oor Des vakansie voor verkiesing was daar dan so min hulle lieg vir ons

Swartskaap ·

Daar is al vir n geruime tyd +- 18000 gevalle. Dit blyk dat daar n klomp wat siek is, glad nie gesond word nie.

Francois Le Cochon ·

Swartskaap, jy is doodreg. Net verlede week is ‘n bekende en fikse jong gym eienaar van Oudtshoorn aan Covid oorlede nadat hy ‘n jaar lank lang covid gehad het.

Hendrik ·

Dis seker die mense wat die plastiek skerm dra, hulle dink die virus kom net reg van voor. Eintlik bekruip hy jou hier van die kant af.

Francois Le Cochon ·

Masker is slegs om te voorkom dat die virus versprei.

Andre ·

Joe, Francois! Hoe groot is daai virus as ‘n lap dit kan keer. Jy het seker nog nooit gelees wat ene dr Anthony Fauci se uitslag was oor maskers gedurende die Spanish Flu nie? Hy het nogal die leiding geneem. Maar sy storie verander seker ook maar van dag tot dag soos die geval is.

chris ·

Hoe vergelyk die verkoue en griep statistieke met vorige jare?Seker” non-existent”.
“Who is fooling who?”

Francois Le Cochon ·

chris, dit is ‘n bewys dat die masker dra en ontsmetting werk. Chinese en Japenese dra al vir dekades lank masker as hulle verkoue het, om nie ander aan te steek nie. Dit gaan oor jou medemens, en nie oor jouself nie.

Andre ·

Francois, dis die ent wat jou moet beskerm, nie die ongespuites nie. Het jy al gesien hoe lyk lugbesoedeling daar?

Andre ·

Francois, met sulke lugbesoedeling sal selfs ek ‘n tipe masker oorweeg.

Papsak ·

Hier kon desember vakansie en daar klim covid vinnig ne so lyk my entstof en maskers werk nie meer nie ag hou op speel asb

Charles ·

Pragtig, my nyl lelies het ek vanoggend getel, 42 blomme..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.