Covid-19-statistieke: Net meer as 2 000 nuwe gevalle

Die positiwiteitskoers vir nuwe Covid-19-toetse staan nou op 6,4%. (Foto ter illustrasie: Phill Magakoe/AFP)

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het Vrydagaand bevestig dat 2 261 nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika aangemeld is.

Die positiwiteitskoers vir nuwe Covid-19-toetse staan nou op 6,4%.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (21%) aangeteken, gevolg deur die Wes-Kaap (20%) en Vrystaat (13%). Die Noord-Kaap maak 12% van die aantal nuwe Covid-19-gevalle uit terwyl 11% in die Oos-Kaap, 10% in Gauteng, 5% in Noordwes, 4% in Mpumalanga en 1% in Limpopo aangeteken is.

Oos-Kaap259
Vrystaat290
Gauteng237
KwaZulu-Natal486
Limpopo30
Mpumalanga97
Noordwes127
Noord-Kaap279
Wes-Kaap456
Totaal2 261

 

Minstens 50 682 het tans Covid-19, waarvan 7 281 in die hospitaal behandel word.

Altesame 312 Covid-19-verwante sterftes is Vrydag aangemeld wat die algehele sterftesyfer op 86 967 te staan bring.

Minstens 2 894 342 mense in Suid-Afrika het nou al Covid-19 opgedoen waarvan 2 756 693 (95%) van die virus herstel het.

Luidens die departement van gesondheid se statistieke het minstens 16 781 838 mense al minstens een dosis entstof teen Covid-19 ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alleen Wolf ·

En Ramapara , kopdoek en Angelique Coetzee swyg soos die graf, mags behepte spul wil nie hul greep laat gaan nie.

annie ·

Swyg.. want ons nuwe speelplek is die entstofmark wat ons ekonomie nou gaan moet groei maar skynbaar eers ná Kerksfees wanneer die pes feitlik gewyk het. Woede kook oor by die minister van buitelandse pledging oordat die resepte nie via die Kaapse seeroete na die Ooste wil reis nie. Intellektuele eiendom is mos nie wittes se human rights alleen nie. BLM is wel absoluut.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.