Covid-19-statistieke: Net meer as 2 500 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Op dieselfde dag wat pres. Cyril Ramaphosa Suid-Afrika se afsonderingsregulasies selfs verder verslap het en die eerste besending Covid-19-entstof in die land aangekom het, is altesaam 2 548 nuwe gevalle van die virus bevestig.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het in sy jongste bywerking oor die syfers gesê die herstelkoers staan nou op 89% nadat 1 306 022 mense uit 1 456 309 wat positief vir Covid-19 getoets het, reeds van die siekte herstel het.

Nog 235 sterftes is bevestig: Altesaam 59 in die Oos-Kaap, 16 in die Vrystaat, 51 in Gauteng, 10 in KwaZulu-Natal, 33 in Noordwes, twee in die Noord-Kaap en 64 in die Wes-Kaap. Dit bring die algehele sterftesyfer op 44 399 te staan.

Só lyk die aktiewe gevalle:

Oos-Kaap:           3 080

Vrystaat:             9 164

Gauteng:             9 773

KwaZulu-Natal:  46 979

Limpopo:            3 158

Mpumalanga:    3 991

Noordwes:         9 856

Noord-Kaap:      3 884

Wes-Kaap:          16 003

Suid-Afrika het tot dusver net meer as 8,3 miljoen toetse vir Covid-19 afgehandel, waarvan 21 549 in die voorafgaande 24-uur-siklus gedoen is. Meer as 60% van toetse is in die openbare sektor gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Charles

Beste is kry die virus, laat jou liggaam se immuunstelsel hom baklei en word gesond.
Natuurlike immuniteit, meer as 90% efektief.

Dirk Mostert

Op ‘n grafiek van daaglikse aantal TOETSE sal die ” Tweede Golf” duidelik sigbaar wees.

Jaco

Vroeg Desember skielik baie gevalle en alle strande word gesluit. So amper hele Desember en die hele Januarie kry toeristebesighede (meestal in wit besit) swaar. Nou ná die vakansie, ná die normaalweg besigste tyd vir daardie besighede, is die corona gevalle skielik laag en is strande weer oop. Lekker mooi beplan né.. En dan kruisig mense my nog steeds wanner ek sê die ANC-regering se aksies teen Corona is net 10% teen Corona en 90% teen wit mense.

Herman

Charles, het jy dit gedoen? Dan is jy gelukkig. Baie mense gaan ddod.