Covid-19-statistieke: Net meer as 400 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het nou meer as 1 552 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 437 nuwe gevalle wat aangemeld is.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Dinsdagaand bevestig dat 1 552 853 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.

Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 53 032 nadat nog 37 sterftes aangemeld is: agt in die Oos-Kaap, 16 in die Vrystaat, nege in Gauteng en vier in die Wes-Kaap.

Tot dusver het 1 478 820 mense reeds van die virus herstel; dit is ’n herstelkoers van 95%.

Suid-Afrika het tot dusver 9 995 431 toetse vir Covid-19 gedoen, 16 137 sedert die vorige verslag.

Meer as 272 000 gesondheidsorgwerkers is reeds teen 18:30 Dinsdag teen Covid-19 ingeënt.

Provinsiale statistieke:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap195 51512,6%
Vrystaat83 7895,4%
Gauteng415 68226,8%
KwaZulu-Natal334 60021,5%
Limpopo63 2764,1%
Mpumalanga75 6134,9%
Noordwes64 2244,1%
Noord-Kaap36 6412,4%
Wes-Kaap283 51318,3%
Totaal1 552 853100%

Sterftes en persone wat herstel het:

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11 371183 948196
Vrystaat3 67678 3931 720
Gauteng10 363403 2002 119
KwaZulu-Natal10 236318 5965 768
Limpopo2 24160 748287
Mpumalanga1 34873 426839
Noordwes1 49660 5522 176
Noord-Kaap82533 0092 807
Wes-Kaap11 476266 9485 089
Totaal53 0321 478 82021 001

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Deon

Regverdig die syfers steeds die grendelstaat?

Dirk Mostert

AstraZeneca gaan voortaan bemark word as “Vaxzevria”.