Covid-19-statistieke: Net meer as 800 nuwe gevalle

(Argieffoto: Ronny Hartmann/AFP)

Nog 809 pasiënte in Suid-Afrika het in die laaste siklus van 24 uur positief getoets vir Covid-19. Dit is weer heelwat minder nuwe infeksies as ʼn dag tevore (1 306) en ook laer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die voorafgaande sewe dae (1 354).

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die jongste toename in Covid-19-infeksies verteenwoordig ʼn positiwiteitskoers van 3,4%.

Nog 27 Covid-19-verwante sterftes is intussen aangemeld terwyl nog 30 pasiënte weens die virus in die hospitaal opgeneem is.

Die land se dodetal staan nou op 87 780 terwyl 2 779 906 mense in Suid-Afrika reeds van Covid-19 herstel het.

Minstens 2 906 422 mense in Suid-Afrika het reeds positief getoets vir Covid-19 waarvan 6 268 in dié stadium in ’n hospitaal behandel word.

Die meeste nuwe gevalle is in KwaZulu-Natal (22%) en die Wes-Kaap (19%) aangemeld. Dié provinsies word gevolg deur die Oos-Kaap (16%), Gauteng (12%), die Noord-Kaap (11%), die Vrystaat (9%), Noordwes (7%), Mpumalanga (3%) en Limpopo (1%).

Daar is tans 38 736 aktiewe Covid-19-gevalle regoor die land.

Altesame 52 556 inentings is sedert die vorige verslag gedoen. Byna 18 miljoen mense in Suid-Afrika is tot dusver teen Covid-19 ingeënt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Frank John ·

Kan maar stop met inenting. Dit raak nou soos gewone siektes. Mense raak siek en word behandel, nie almal nie, en word gesond en gaan aan met die lewe. Behalwe na verkiesing sal government weer woer-woer speel met die syfers vir hul eie duistere agendas.

Gerhard ·

Gewone siektes soos verkoue het nog nie die hopsitale so onder soveel druk gesit nie. En dis terwyl daar inperkings toegaps is. Sodra ons, sonder enige inperkings of spesiale maatreels, slegs dieselfde of minder hospitalisasies en sterftes het as wat verkoue byvoorbeeld veroorsaak, kan ek met jou saamstem.

Pio ·

Wie stel hierin belang?? Sou dit waardeer as Maroela media ophou om dit in ons kele af te druk!!
Sê eerder vir ons hoeveel mense het verkoue gehad.

Tubac ·

Hoekom lees jy dan so getrou die berig. Kry dan n griep inspuiting.

Andre ·

Ek het op skool al covid gehad. As ek maar geweet het hoe ek daarmee kon toor!

MakersMark ·

Oppas net vir verkoue jy kan dalk hospitalisasie nodig hê.

Fritz ·

En net so poef! het die 3de golf bandwagon tot stilstand gekom.

Karel Kobus Kruger ·

Die ambagsmanne is alreeds hard aan die werk aan sy opvolger.

Francois Le Cochon ·

Enkeling, terwyl jy weg was, is verskeie maatreels toegepas om die verspreiding te stuit. Dus het die daling van gevalle nie net vanself gebeur nie. Jy sal ook vind dat jou motor vinniger ry as jy die petrol trap, en stadiger as jy die petrol los. Ongelooflik ne!

Jedi Knight ·

Francois, nog n ongelooflike ding is dat mense n kleiner risiko het vir ernstige covid gevolge indien hulle hul gewig mooi in toom hou.

Francois Le Cochon ·

My 2c, dan’s ek dubbeld “safe”. Ek is ingeent asook skraal.

Erica ·

Waarvan praat jy? Wat het jou gewig met Covid te doen. Jy weet daar is mense daar buite wat n mediese probleem het en niks met eet te doen het nie.

Francois Le Cochon ·

Ek het verlof ingesit vir 7 Des tot 1 Jan. Sien nou 4de golf gaan nou net mooi presies daai tyd wees. Damn! Ek en Jaco kan weer nie Hartenbos toe gaan nie.

Baardman ·

0.3% van almal wat positief toets, sterf. Dit verteenwoordig plus minus 0.001% van die bevolking. Ent of nie, ek dink covid word gebruik as verskoning vir baie dinge wat skeefloop.

MakersMark ·

SA populasie: 59.31m
Positiewe toetse: 2.9 m (4.9% van populasie)
Sterftes: 87 780 (3% van pos. toetse) en 0.15% van totale populasie.

Pietertjie ·

Dis nou somer. Verwag die volgende golf in April 2022.

Ietsanders ·

In ons omgewing, familie en vriende is so baie mense aan hierdie aaklige Covit oorlede. Dis nie ‘n regerings ‘plot’ nie, dis ‘n baie gevaarlike kiem!!! Ons moet net bid en doen wat van ons verwag word, dat die kiem kan verdwyn. Die mense sterf ‘n aaklige, eensame dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.