Covid-19-statistieke: Net minder as 1 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Suid-Afrika het teen Woensdagaand altesaam 2 913 880 bevestigde Covid-19-gevalle gehad en 942 nuwe gevalle is aangemeld.

Nog 37 Covid-19-verwante sterftes is in Suid-Afrika bevestig, wat die landwye totaal op 88 466 te staan bring.

Altesaam 2 802 615 pasiënte het in dié stadium reeds herstel. In hierdie stadium is daar 22 799 aktiewe gevalle van Covid-19.

ʼn Totaal van 38 969 nuwe toetse vir Covid-19 is gedoen, waaronder 18 874 (48,4%) in die private sektor en 20 095 (51,6%) in die openbare sektor.

Die meeste nuwe gevalle is in die Wes-Kaap (23%), gevolg deur Gauteng (18%), KwaZulu-Natal (15%), die Vrystaat (11%), die Oos-Kaap en die Noord-Kaap (10%), Noordwes (6%), Mpumalanga (5%) en Limpopo (1%).

Nuwe gevalle per provinsie:

  • Wes-Kaap: 220
  • Gauteng: 172
  • KwaZulu-Natal: 142
  • Vrystaat: 103
  • Oos-Kaap: 94
  • Noord-Kaap: 93
  • Noordwes: 59
  • Mpumalanga: 50
  • Limpopo: 9

Die departement het aangedui dat altesaam 19 668 177 inentings teen Woensdagaand gedoen is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

annie ·

… ‘getalle’ gaan ‘n groot speelbal word in die verkiesing om vrees by kiesers te wek om weg te bly by die stembus op plekke wat die ANC teiken. Die Wes-Kaap is veral kwesbaar vir die ‘virus’. Ek sou nie vooraf deposito’s vir die Desember-vakansie op oorde mors nie. Antie-kopdoek is wispelturig.

Andre ·

Ek wonder nog altyd watter goedgekeurde “toets” word gebruik om die sogenaamde covid gogga te vind. Goedgekeur deur wie? Modereerder, weet jy?

Anoniem ·

SAHPRA is tasked with regulating (monitoring, evaluating, investigating, inspecting and registering) all health products. This includes clinical trials, complementary medicines, medical devices and in vitro diagnostics (IVDs). Furthermore, SAHPRA has the added responsibility of overseeing radiation control in South Africa. SAHPRA’s mandate is outlined in the Medicines and Related Substances Act (Act No 101 of 1965 as amended) as well as the Hazardous Substances Act (Act No 15 of 1973). FDA in America.

Andre ·

En SAHPRA word onderhou deur? En WHO, CDC, FDA ens se weergawes van false uitslae word nooit genoem nie. En wie het erg kapsie gemaak teen die gebruik van Ivermectin tot dit in die hof beslis moes word?

Anoniem ·

Wys asseblief waar die drie organisasies genoem sê die uitslae is nie akkuraat nie!

Andre ·

Testing is limited to laboratories certified under the Clinical Laboratory Improvement Amendments of
1988 (CLIA), 42 U.S.C. § 263a, that meet the requirements to perform high complexity tests.
Results are for the identification of SARS-CoV-2 RNA. SARS-CoV-2 RNA is generally detectable in upper
and lower respiratory specimens during infection. Positive results are indicative of active infection with
SARS-CoV-2 but do not rule out bacterial infection or co-infection with other viruses. The agent detected
may not be the definite cause of disease. Laboratories within the United States and its territories are
required to report all results to the appropriate public health authorities.
Negative results do not preclude SARS-CoV-2 infection and should not be used as the sole basis for
treatment or other patient management decisions. Negative results must be combined with clinical
observations, patient history, and epidemiological information.
Testing with the CDC 2019-nCoV Real-Time

Francois Le Cochon ·

Andre, die Modereerder het jou vrae al telke male beantwoord. Oplet in die klas ne!

Andre ·

Ag Franci, lees tog bietjie wyer as jou eie gedagtes. En vertel my tog waar die vrae wat net verdwyn beantwoord word, jy klink soos een van die modereerders.

4ntj13 ·

W-e-t-e-n-s-k-a-p-l-i-k-e-s is verantwoordelike mense. Dit beteken, as jý ʼn probleem daarmee het, vat hulle hof toe. Anders as politici het hulle nog nie hul eie regters in howe aangestel nie. Dus, wie moet ek intussen glo? Jou met jou sosiale media-wetenskap, of húlle? Ek weet darem die politici is groter syfer-manipuleerders en hulle kan nie altyd die waarheid uitsnuffel om te versteek nie. Die artikel bevat byvoorbeeld natuurlik slegs “veilige” feite. Selfs WGO is meestal politici, en speel veiliger as veilig. Maar onder langs sal gewone dokters meestal vir jou as hul pasiënt vertel om versigtig te wees vir die gogga, wat jou begrip daaroor ookal mag wees, en jou steeeeds vryheid gee om jouself te kan vermoor. Jóú keuse. Maar, moenie my viroloog of GP probeer wees nie, asb!!

Andre ·

4ntj, dit is soos jy sê, en soek maar na “show us the virus” hofsake wat tog gemaak is. Maar soos met soveel ander sake, word dit net gereeld uitgestel. Dit laat mens wonder.

Casper ·

Daar is nog hopeloos te veel nuwe infeksies waarvan daar nog hopeloos teveel gaan sterf om nou die ramptoestand op te hef.Indien mense hulle laat inent het toe die regering gevra het sou kudde inenting al lankal plaas gevind het maar toe luister mense eerder vir vals profete.Die vlak een regulasies moet vir eers ons buurman wees en die rampbetuurswet moet van krag bly om die pandemie die doodskoot te gee.

Theo ·

Casper ek wil nie jou babel bars nie maar daar is reeds bevestig dat kudde immuniteit nie n werklikheid is nie, n virus wat variante het kan jy nie stop nie jy kan dit net leer beheer soos griep. Hoekom dink jy is daar nog griep al is daar inentings? Die virus gaan bly tensy die mense wie hom gekweek het n raklewe ingewerk het…

Vlooitjie ·

The statement that all adults must be immune before the virus will attenuate, followed by a statement that “our only hope” is to vaccinate as many people as possible, is contrary to basic immunology. It ignores the fact that (a) the vaccine does not prevent infection or transmission; (b) people who have recovered from COVID do not need to be vaccinated; and (c) all viruses attenuate over time so as to become more transmissible and less virulent.

Anoniem ·

Weet nie van waar jy die ge copy en paste het nie maar kan jou verskeie virusse noem wat nog nooit verswak het nie

Papsak ·

Kry grip in die lewe en stem vir jou anc boewe.Julle wat ingeent is vrek oor 2 jaar.Jy bly sekerlik in Soweto!!!

MakersMark ·

Te veel papsak veroorsaak rassistiese kommentaar. En swak taalgebruik. Mense sterf, diere vrek. Sies man kry jy nie skaam nie ?

Erica ·

Nee sies man. Jy praat nie so nie. Gee die bewys dat die mense wat gejab is sal sterf na 2 jaar. Daar is nie. So asb respek vir ander.

MakersMark ·

Tipe kommentaar wat van “intellectually challenged” verwag word.

Perdeby ·

So die nuwe gevalle het gestyg vanaf verlede week. Ek sien hoe sit ons Des almal by die huis

Jakkie ·

Ai Toetie, hoekom so negatief wees. Jy sal nogsteeds wildtuin toe kan gaan. Of ATKV oorde.

4ntj13 ·

2 913 880 ÷ 700 (veronderstel) dae = 4,162 gevalle gemiddeld per dag die laaste twee jaar. Dus is 942 maar bietjie min.
Máár: vandag (14e) het Vrystaat 109 nuwe getalle na die 12e se 7, en die 11e se ??, en die 8e se 107. Die VS het dus (109 + 7 )÷7 = 16.5 gevalle gemiddeld per dag gehad. Nugter alleen weet hoe mens veronderstel is om iets te doen met die syfers, maar dis duidelik dat owerhede verwag ons moet liewer net oorweldig voel.
Kopseer is egter 3 219 sterftes sover in ons provinsie met net 2.75 miljoen mense. Dis ʼn sterftekoers van 1 170 /miljoen mense! Dis darem beter as die land se koers van 1 400 /miljoen op Worldometer. Net jammer die verskriklik ingewikkelde ander “berekeninge” vertel mens presies zilts! Ons het minder as 1/20 van die land se bevolking, maar 11% van die “nuwe gevalle”? Eisj!! Eina!

Andre ·

Dis soos met alle syfers, maak hulle bang dan gaan hulle saam met die kudde in die kraal in.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.