Covid-19-statistieke: Net minder as 16 000 nuwe gevalle

Net minder as 16 000 nuwe gevalle is aangemeld. (Foto: Twitter)

Suid-Afrika se algehele getal positiewe Covid-19-gevalle het teen Vrydagaand op 2 269 179 gestaan nadat nog 15 939 nuwe gevalle van die virus bevestig is.

Die algehele getal gevalle was Vrydag minder as ʼn dag tevore (16 435), maar is steeds meer as die gemiddelde getal nuwe gevalle oor die vorige sewe dae (15 928).

In hierdie stadium is daar 193 338 aktiewe gevalle en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) sê die positiwiteitskoers staan tans op 29,5%. Dit is effe minder as ʼn dag tevore.

Altesame 2 009 456 mense het tot dusver van die virus herstel.

Nog 413 Covid-19-verwante sterftes is egter bevestig wat die sterftesyfer op 66 385 te staan bring.

Daar is altesame 54 097 nuwe toetse vir die virus gedoen, meer as die helfte daarvan (54%) in die openbare sektor.

Gauteng is tans verantwoordelik vir 38% van alle gevalle, gevolg deur die Wes-Kaap (19%), Limpopo (12%), Mpumalanga (9%), Noordwes (8%), die Oos-Kaap (5%), KwaZulu-Natal (4%), die Vrystaat (3%) en die Noord-Kaap (2%).

Nog 714 mense is in hospitale landwyd opgeneem. Tans word 9 890 mense in private hospitale behandel en 7 180 mense in staatshospitale. Dit is ʼn totaal van 17 070.

Net 169 079 mense is sedert die vorige dag se verslag teen Covid-19 ingeënt. In hierdie stadium het net meer as 5 miljoen van Suid-Afrika se algehele bevolking reeds die entstof ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

MakersMark ·

Eerste Pfizer CV19 inenting gekry gister. Sover nog geen genetiese mutasies, floutes, histerie of robot – agtige neigings getoon nie…… …

Anoniem ·

My tweede een gehad, nog nie magneties nie en 5G ontvangs nog die selfde – wat doen ek verkeerd?

piet ·

Mooi. Instap of het jy geregistreer en ‘n kode of iets gekry? Ek wou Woensdag instap probeer maar die inentingsfasiliteit sou eers gister geopen het. Sal weer volgende week probeer.

MakersMark ·

piet ek het by dischem geregistreer en ‘n afspraak by een van hul takke wat inentings doen gekry. Heel professioneel gewees.

piet ·

MakersMark – Thanks, ek gaan by Clicks hier naby my probeer. Instap.

MakersMark ·

Hulle doen. Vat jou id/bestuurlisensie, selfoon met jou registrasie bewys op die regerings webtuiste, en jou mediese fonds kaart. Jy sal moet teken vir jou inenting ek het maar my eie pen saamgevat want honderde mense hanteer daai penne by die inentings lokaal. Dan is jy “on like a scone”……

piet ·

Koos – is jy toegewys na ‘n inentingslokaal en het jy een of ander kode gekry? Ek het net dadelik bevestiging ontvang dat ek geregistreer is maar niks anders nie.

Anoniem ·

Moet maar geduldig wees, jy kry kode datum en waar. Kry voorkeur by inenting sentrum. Beide myne was bietjie meer as 30min

piet ·

Koos – ek het hulle gebel en die sms is weer gestuur. Die lokaal is egter ver van my af. Ek gaan volgende week by Clicks probeer instap wat in ‘n winkelsentrum naby my is.

Hendrik Marthinus ·

Great MakersMark
My J&J laasweek Donderdag gekry
Nikse newe effekte nie, Kom ons wees n voorbeeld vir die wat mechanics glo.
Hopenlik in die toekoms besef Ander dat dit die regte ding is om te doen.
Ons respekteer Hulle keuses, maar hopenlik besef party mense om nie te luister na social media nie maar liewer vir Dokters etc

Kwikkie12 ·

Meer as helfte van die wat in hospitale opgeneem word elke dag, sterf elke dag. Dit is kommerwekkend want meer mense word in private hospitale as staats hospitale opgeneem. Dink nie daar is genoeg opgeleide personeel en suurstof om die pasiënte te kan hanteer nie. Jammer om te sê maar die verpleegpersoneel in hierdie land word nie meer goed opgelei soos vroeër jare nie en ons sit met n tekort aan goed opgeleide verpleegsters vir baie lank al.

Sonneblom123 ·

Dalk kan iemand my laat verstaan hoe werk die herstel getalle. Is op dag 12 van Covid en het eers vrot siek geraak op dag 8 ek het meer simptome daagliks en suurstof vlakke is bitter laag volgens NICD isoleer ons net vir 10 dae maar eks oor dit maar tog se my bloedtoetse eks nog aansteeklik? So hoe baie mense isoleer vir 10 dae en gaan net daarna voort normaal maar sit met “after covid” simptome maar kan dalk nog die virus versprei? Selfs werkgewer verwelkom my terug by werk want volgens die gesonheid Dept is 10 dae mos veilig na isolasie?

Hendrik Marthinus ·

Sonneblom
Ek Dink regtig dat almal se simptome nie dieselfde is nie.
Die immunstelsel van elke mens hanteer siekte Anders.
Dus net n guideline, eks seker verkeerd, maar Baie mense soos ek verstaan praat van dag 8 is die ergste?
Hoop jy herstel ten volle en jy weer vinnig op die been.
O ja Kan dit nie dalk die verskillende variante van covid wees wat dit veroorsaak nie

Samuel ·

Ek glo nie iemand weet werklik hoe Covid-19 versprei en hoelank dit neem om te herstel. Te veel onsekerhede.

Hendrik Marthinus ·

Stem absoluut saam jou
Hang af van individu tot individu, Kom ons Hoop net herstel proses is vinnig

Esme ·

Ek was vir 25 dae in die hospitaal – 13 daarvan in die Intensiewe Sorgeenheid. Ek het tuis gekom en was vir nog 14 dae hondsiek.
Ek glo ons weet steeds niks oor die mens gemaakte virus nie.

Tersia ·

Hi Sonneblom123, ek dink daar is baie verwarring want party sê 10 dae ander 14. My man is op dag 14 en het nog simptome. Hy het ook op dag 9 deur n bloedtoets bepaal dat sy covid telling nog hoog is. Dr het vir hom gesê hy moet rus, rus, rus. Moet dit stadig vat dit is n siekte met n lang herstel proses met newe efekte wat lank kan voortduur. Weet van mense wat goed gevoel het op dag 14 en weer voluit begin werk het en 2 of 3 dae later oorlede is. So my raad is rus en vat dinge maar stadig. Baie sterkte!

Sonneblom123 ·

Baie dankie vir die raad en advies ek is al moedeloos hoe verduidelik mens dit aan werkgewer hul glo net wat lees en dis so. Ek was gister by dr en bepaal dat moet pasop vir longonsteking

christo ·

Gauteng is die digbevolkste provinsie in SA. Beide loop deur onder oproer en plundery. Ek betwyfel of hulle statistieke akuraat kan wees. Dink die regering ons is almal idiote?

Elaine Krige ·

Dankie vir ‘n puik berig @Christel Cornelisson. Jy is ‘n fantastiese joernalis en ek lees graag jou berigte op Maroela Media. Moenie toelaat dat die suurknolle jou onder kry nie ;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.