Suid-Afrika het nou meer as 696 000 bevestigde Covid-19-gevalle met 1 877 nuwe gevalle wat aangemeld is.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, het Woensdagaand bevestig dat 696 414 bevestigde Covid-19-gevalle al in die land aangemeld is.
Die sterftesyfer weens Covid-19 staan nou op 18 151 nadat nog 123 sterftes aangemeld is: 44 in die Oos-Kaap, 14 in die Vrystaat, 17 in KwaZulu-Natal, 35 in Gauteng, agt in Noordwes en vyf in die Wes-Kaap.
“Van die 123 sterftes aangemeld het tien in die afgelope 24 tot 48 uur plaasgevind, een in die Oos-Kaap, een in die Vrystaat, een in Gauteng, twee in die Noord-Kaap en vyf in die Wes-Kaap.
Tot dusver het 626 898 mense reeds van die virus herstel. Dit is ʼn herstelkoers van 90%.
Suid-Afrika het tot dusver 4 458 745 toetse vir Covid-19 gedoen, 24 793 sedert die vorige verslag.
Provinsiale statistiek:
Provinsie | Gevalle | Persentasie |
Oos-Kaap | 91 219 | 13,1% |
Vrystaat | 51 790 | 7,4% |
Gauteng | 223 863 | 32,1% |
KwaZulu-Natal | 120 720 | 17,3% |
Limpopo | 16 472 | 2,4% |
Mpumalanga | 28 379 | 4,1% |
Noordwes | 31 165 | 4,5% |
Noord-Kaap | 19 382 | 2,8% |
Wes-Kaap | 113 424 | 16,3% |
Totaal | 696 414 | 100% |

Sterftes en persone wat herstel het:
Provinsie | Sterftes | Herstel | Aktiewe gevalle |
Oos-Kaap | 3 375 | 86 400 | 1 444 |
Vrystaat | 1 251 | 36 098 | 14 441 |
Gauteng | 4 527 | 199 514 | 19 822 |
KwaZulu-Natal | 3073 | 111 921 | 5 726 |
Limpopo | 430 | 15 383 | 659 |
Mpumalanga | 589 | 27 040 | 750 |
Noordwes | 393 | 28 553 | 2 219 |
Noord-Kaap | 237 | 16 479 | 2 666 |
Wes-Kaap | 4 276 | 105 510 | 3 638 |
Totaal | 18 151 | 626 898 | 51 365 |


O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Ek glo nie vir ‘n oomblik hierdie regering se syfers nie – hulle sal vir die volgende 10 jaar die wereld probeer wysmaak dat daar elke dag duisende nuwe gevalle is om die melkkoei uit te suig. Ek wens een of ander onafhanklike instansie wil die syfers ondersoek en sien hoe akkuraat dit is. Die W Kaap se syfers is dalk min of meer akkuraat, die ander 8 provinsies, AIKONA. En onse dame Nostre Dame Dlaimini-Zuma baseer haar ganse misbruik vd wet hierop. Kom Solidariteit, kry slim mense om hierdie syfers te ondersoek!
Ek stem nie saam met die syfers nie, ek weet van n 75 jarige persoon wat gesterf het agv long emfiseem, hy sukkel al die afgelope paar jaar daarmee agv rook, hy is 2 maande gelede oorlede, op sy sterftesertifikaat word gemeld as covid 19.